kylie_minogue_010_1024x768
Het jy gehoor?

Kylie Minogue kom in SA kuier!

Dié toer ondersteun haar nuutste CD, Aphrodite, wat in 2010 uitgereik is, en die reaksie is ongelooflik goed, berig iAfrica.com. Kylie en haar kreatiewe span het juis dié toer beplan om die musiek na aanhangers te neem.

Kylie is al meer as twintig jaar ’n ster in die musiekbedryf. Sy is die enigste solo-kunstenaar wat dit kon regkry om in vier verskillende dekades ’n eerste plek op die Britse treffersparade te haal.

Die Aphrodite: Les Folies-wêreldtoer het reeds aan die begin van die jaar begin en besoek lande soos Kanada, die VSA, Mexiko en lande in Europa.

Twee van die SA vertonings is op 8 en 9 Julie in die Sun City Superbowl, en die ander twee is op 13 en 14 Julie by die Grand West in Kaapstad.