sr1201_fanie_maak_mooi_6_
Het jy gehoor?

Laan-akteur op pad na New York

Sy gaan vir twee maande by die gesogte New Yorkse filmakademie ’n kursus in filmspel volg.

“Dit is ’n lewenslange droom wat waar word,” vertel sy opgewonde. “Ek het al op hoërskool begin navorsing doen oor kursusse daar en wou al ná matriek soontoe gaan, maar ek het besluit om eers universiteit toe te gaan. Toe ek weer sien, is ek klaar met universiteit en het ’n rol in 7de Laan. Nou is dit tien jaar later. Ek het besluit ek móét nou New York toe gaan.”

Sy is nie vir ’n oomblik spyt dat sy haar neseier gebruik het om vir die kursus te betaal nie. “Hoekom spaar jy as dit nie is om jou drome waar te maak nie? My grootste passie is om toneel te speel. Die mense wat by die New York-filmakademie klas gee, is mense wat in die bedryf werk. Steven Spielberg, byvoorbeeld gee soms ’n gas-lesing daar. Ek is belaglik opgewonde! Dit gaan ’n ongelooflike leerervaring wees.”

Aanhangers van 7de Laan hoef nie bekommerd te wees nie. Donnalee hervat haar rol wanneer sy later vanjaar terugkom.