Het jy gehoor?

Laat waai by die Suidoosterfees

Van 26 – 31 Januarie is dit weer sulke tyd by Kunstekaap. Suidoosterfees-tyd saam met SARIE!

DELICIOUS DIVAS
Drie volronde vroue neem die fees op horings met lyf en lied, dans en dekadensie! Delicious Divas – geborg deur SARIE – is ’n extravaganza-vertoning met Virginia Davids, Elizabeth Frandsen en Dainti Delischia. Hulle sing onder meer wellustige opera-arias, pop-melodieë, gevoelvolle liedere uit musiekblyspele en selfs ’n Boere-keurspel.

WAAR Kunstekaap Kuier-Arena
WANNEER Vrydag 29 Januarie om 21:00, Saterdag 30 Januarie om 20:00 en Sondag 31 Januarie om 12:30 
PRYS R85 per kaartjie

SPESIALE AANBOD


SARIE-lesers kan ’n kombinasie-kaartjie koop vir Delicious Divas én Chris Koch se Whisky en Sjokolade vir slegs R100 (gewone prys R150). Bespreek vandag nog – daar is net ’n beperkte aantal sitplekke beskikbaar!

 

ANDER HOOGTEPUNTE

  •  Die Naaimasjien met Sandra Prinsloo, wat reeds die land verower het.
  •  Bure oppie Bank met Zane Meas en Neels van Jaarsveld.
  •  Vaselinetjie met Vinette Ebrahim en Theodore Jantjies.

ONTHOU!
Vir meer inligting oor die feesprogram, besoek www.suidoosterfees.co.za of soffees.mobi op jou selfoon.

WEN kaartjies!

3 gelukkige SARIE-lesers kan dubbelkaartjies vir Delicious Divas wen.

SMS SUIDOOS, gevolg deur jou naam, van, e-pos- en posadres na 34687 (sonder enige leestekens).

SMS’e kos R2 elk.  As jy ’n wenner is, sal ons jou telefonies laat weet teen 13 Januarie 2010.

SLUITINGSDATUM: 11 Januarie 2010