FOTO Instagram @ladygaga

FOTO Instagram @ladygaga

Het jy gehoor?

Lady Gaga by die Super Bowl!

Wees gereed, klein monsters: Lady Gaga gaan vanjaar by die Super Bowl se halftyd-vertoning optree, berig The Huffington Post! En ons kan nie wag om te sien wat sy gaan doen nie.

A photo posted by Lady Gaga (@ladygaga) on

Die sangeres het vroeër vandeesmaand die enkelsnit “Perfect Illusion” van haar verwagte nuwe album vrygestel. Die enkelsnit kom 3 jaar ná die bekendstelling haar vorige album, Artpop.

  A video posted by Lady Gaga (@ladygaga) on

Vervelig is definitief nie ’n woord wat jy gebruik as jy dié Grammy-wenner beskryf nie. En te oordeel na haar vorige optredes is almal opgewonde om te sien hoe vreemd en wonderlik dié vertoning gaan wees.

Hier is ’n lys van haar mees buitensporige oomblikke: Die pop-sensasie “bloei” in 2009 tydens haar optrede by die VMA-toekennings.

Kyk die video hier:

Die vleisrok wat Lady Gaga na die MTV-toekennings in 2010 gedra het.

Lady Gaga arriveer in ’n groot plastiekdop by die Grammy-toekennings in 2011.

Die sangeres het nie ’n enkele blasie laat bars toe sy haar treffer “Paparazzi” in New York gesing het nie.

Kyk die video hier:

Wat dink jy gaan sy by vanjaar se Superbowl-optrede doen?

Vir ekstra Vrydag-pret, kyk die video van Lady Gaga se nuutste enkelsnit “Perfect Illusion”.

Lees nou

Lady Gaga se nuutste – uiteindelik ná 3 jaar!

Lady Gaga se verlowing is verby

Kyk wie is terug ná 10 jaar!