FOTO Instagram /  @taylorkinney11

FOTO Instagram / @taylorkinney11

Het jy gehoor?

Lady Gaga is verloof! Só lyk haar ring

Die sangeres Lady Gaga het op Valentynsdag verloof geraak – en die ring is nie so ongewoon soos ons verwag het nie!

Ons het die gerugte gehoor dat Lady Gaga verloof is, en nou het Lady Gaga (oftewel Stefani Germanotta) haar verlowing aan die akteur Taylor Kinney (Chicago Fire) op Instagram bevestig.

Sy het by die foto geskryf: “Hy het vir my sy hart op Valentynsdag gegee, en ek het JA gesê!”

FOTO: Instagram  @ladygaga

FOTO: Instagram
@ladygaga

Die paartjie het in 2011 op die stel van Lady Gaga se musiekvideo “You & I” ontmoet. Lady Gaga het haar ma se trourok vir sekere tonele in dié musiekvideo gedra.

FOTO: Instagram  @taylorkinney11

FOTO: Instagram @taylorkinney11

Hulle het in Mei 2012 vir ’n kort rukkie uitgemaak, maar sedertdien is hul verhouding sterker as ooit, berig US Weekly.

Wat dink jy? Hoe gaan Lady Gaga se trourok lyk?
Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Lees nou

  • Lady Gaga Times

    Dit gaan amazing lyk. ek is seker Brandon Maxwell sal die trou rok maak. Gaga en Taylor behoort saam.