SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

Het jy gehoor?

Lady Gaga maak geskiedenis: Van Super Bowl tot Oscars!

Lady Gaga maak geskiedenis en dié keer is dit nie oor ’n vleisuitrusting of ongemaklike skoene nie. Sy gaan die eerste sanger wees wat in dieselfde jaar by die Amerikaanse voetbalhoogtepunt, die Super Bowl, die Grammys en die Oscars gaan optree. 

Lady Gaga het gisteraand die Amerikaanse volkslied vir die opening van die Super Bowl gesing. In ’n noupassende rooi pak het sy egalig oor die hoë note gegly terwyl die skare haar toegejuig het.

“Dis ’n droom wat waar geword het. As klein dogtertjie het ek altyd gedroom om eendag by ’n sportgeleentheid ons volkslied te sing. Hierdie is beslis een van my hoogtepunte,” het sy aan NFL gesê.

Lady Gaga se uitrusting het die Amerikaanse vlag vereer.

FOTO: Instagram / @ladygaga

FOTO: Instagram / @ladygaga

Screen Shot 2016-02-08 at 1.04.27 PM

FOTO: Instagram / @ladygaga

Op 15 Februarie gaan Lady Gaga by die Grammy-musiektoekennings optree. Sy gaan ’n musikale-ode aan wyle David Bowie lewer.

En op 28 Februarie gaan sy by die Oscars optree. Haar oorspronklike lied, Till it Happens to You, is ook vir ’n Oscar-toekenning benoem.

Indien sy vanjaar die Oscar wen, sal sy ook die 13de kunstenaar wees wat die EGOT-titel verower het, omdat sy ’n Tony, ’n Grammy, ’n Oscar en ’n Emmy al gewen het. Aktrises soos Audrey Hepburn en Whoopi Goldberg het ook al dié titel verower.

‘The Sound of Music’ het als verander

SKERMGREEP: Youtube

SKERMGREEP: Youtube

In 2015 het sy mense betower met haar opvoering tydens die Oscars ter ere van die lokettreffer The Sound of Music. Nes Julie Andrews het sy oor elke noot gesweef en ’n staande toejuiging ontvang.

Kyk haar Super Bowl-opvoering



Kyk haar Oscar-opvoering

Lees nou