lady gaga
Het jy gehoor?

Lady Gaga se boodskap aan 30+ vroue

Billboard se Vrou van die Jaar, Lady Gaga, word volgende jaar 30. Sy wil nie hê vroue moet ouer word as ’n hindernis sien nie, maar dit eerder vier. 

Sy is opgewonde om meisies en mans te wys wat dit kan beteken om ’n vrou in haar dertigs te wees. Gaga voel vroue word dikwels verstoot en as oud gebrandmerk ná hulle dié mylpaal bereik. En tog, sê die 29-jarige blondine, is sy nou magtiger, intelligenter en meer in beheer as ooit tevore – daarom wil sy ’n voorbeeld wees vir ander vroue in die bedryf.

Gaga het nie altyd soveel selfvertroue gehad oor haar plek in die musiekwêreld nie. Sy wou in 2014 as popsanger uittree, berig Huffington Post.

Deesdae is die Grammy-wenner gelukkiger as ooit voorheen. Sy is te sien in die TV-program American Horror Story: Hotel, maak musiek, en dan is daar ook natuurlik haar aantreklike verloofde, die akteur Taylor Kinney.

Lees die volledige Billboard onderhoud hier.

Bronne: Huffington Post en Billboard

Lees ook

ZZZ

Lees meer hier!