FOTO Instagram /  @taylorkinney11

FOTO Instagram / @taylorkinney11

Het jy gehoor?

Lady Gaga se nuwe liedjie oor eks Taylor Kinney?

Lady Gaga en haar verloofde, Taylor Kinney, se paadjies het vroeër vanjaar geskei. Nou gaan die tweede enkelsnit van haar nuutste album, Joanne, glo oor dié verlore liefde.

“Million Reasons” is op 5 Oktober vrygestel en reeds 2,5 miljoen keer op YouTube geluister. “Jy het my ’n miljoen redes gegee om weg te stap. Maar ek het net een goeie rede nodig om te bly …” weergalm Lady Gaga se gestroopte stem oor die eenvoudige klanke van ’n klavier en akoestiese kitaar.

Lady Gaga het die hartseer nuus in Julie op sosiale media gedeel. “Ek en Taylor het nog altyd geglo dat ons sielsgenote is … Ons vat ’n blaaskans. Bly hoop vir ons. Ons is soos alle ander mense en is regtig lief vir mekaar.”

 

Luister “Million Reasons” hier:

Die paartjie het in 2011 ontmoet en verlede jaar is Lady Gaga met ’n 6-karaat-hartdiamant bederf. Maar in Julie vanjaar is hul verhouding verbreek.

In gelukkiger dae

Lees nou

Kyk dié akteur se dubbelganger uit die 1960’s!

Eerste baba op pad vir Navi Redd-sanger Andre en sy René

Armand sê Hollywood roep!