FOTO Instagram

FOTO Instagram

Het jy gehoor?

Lady Gaga se verlowing is verby

Een na die ander val die Hollywood-paartjies. Ná 10 jaar is die akteurs Diane Kruger en Joshua Jackson uitmekaar. En nou het Lady Gaga en Taylor Kinney hul verlowing verbreek.

Die paartjie het in 2011 ontmoet en verlede jaar is Lady Gaga met ’n 6-karaat-hartdiamant bederf.

And jersey nails #home

A photo posted by Lady Gaga (@ladygaga) on

Lady Gaga het tydens ’n 2014-onderhoud met die glanspersoonlikheid Howard Stern vertel hoe Taylor die liefde van haar lewe is, berig E! News.

Tog klink dit of die paartjie steeds lief is vir mekaar en net tydelik hul verhouding verbreek het.

Lady Gaga het vanoggend op sosiale media geskryf: “Ek en Taylor het nog altyd geglo dat ons sielsgenote is … Ons vat ’n blaaskans. Bly hoop vir ons. Ons is soos alle ander mense en is regtig lief vir mekaar.”

Ons hou duimvas!

Lees nou

Diane Kruger en Joshua Jackson ná 10 jaar uitmekaar