grammy
Het jy gehoor?

Ladysmith Black Mambazo en Wouter Kellerman se Grammy-benoemings

Van ons plaaslike talent is beslis wêreldklas! Die bekroonde manlike sanggroep Ladysmith Black Mambazo en die dwarsfluitspeler Wouter Kellerman is albei vir ’n Grammy benoem, berig EWN

Die Suid-Afrikaanse groep, wat vanjaar hul 55ste bestaansjaar gevier het, is al 16 keer benoem en het reeds vier keer dié gesogte goue standbeeldjie huis toe gebring.

Hulle is benoem vir die Beste Wêreld Musiek-toekenning vir hul album Music from Inala. Twee jaar gelede het hulle dié Grammy gewen vir hul Live: Singing For Peace Around The World.

Dwarsfluitspeler Wouter Kellerman het ook ’n Grammy-geskiedenis. Sy Winds of Samsara is verlede jaar bekroon met ’n Grammy vir die Beste New Age-album. Vanjaar is hy benoem in die kategorie Beste Kontemporêre Instrumentele Album van die Jaar, vir sy Love Language-album.

Wouter sê dis wonderlik wanneer sy werk erkenning geniet: “Dié album het werklik grense en kulturele skanse oorgesteek en ek hoop die positiewe energie wat só geskep is, sal help om positiewe verandering in die wêreld teweeg te bring.”

Luister gerus hier na sy strelende klanke.

Die Suid-Afrikaanse gospel-sanger Neville D is genommineer vir How Awesome Is Our God [Live] met Yolanda Adams, Neville Diedericks, Israel Houghton en Meleasa Houghton. Neville het op sy Facebook-blad geskryf sy droom is bewaarheid en dat alles steeds onwerklik voel.

Die grootste benoemings:

Opname van die Jaar 

  • D’Angelo en The Vanguard, “Really Love”
  • Mark Ronson met Bruno Mars, “Uptown Funk”
  • Ed Sheeran, “Thinking Out Loud”
  • Taylor Swift, “Blank Space”
  • The Weeknd, “Can’t Feel my Face”

Album van die Jaar 

  • Alabama Shakes, Sound and Color
  • Kendrick Lamar, To Pimp a Butterfly
  • Chris Stapleton, Traveller
  • Taylor Swift, 1989
  • The Weeknd, Beauty Behind the Madness

Liedjie van die Jaar 

  • Kendrick Lamar, “Alright”
  • Taylor Swift, “Blank Space”
  • Little Big Town, “Girl Crush”
  • Wiz Kahifa met Charlie Puth, “See You Again”
  • Ed Sheeran, “Thinking Out Loud”

Nuwe Kunstenaar

  • Courtney Barnett
  • James Bay
  • Sam Hunt
  • Tori Kelly
  • Meghan Trainor

Lees volledige benoemingslys HIER.

Die 58ste Grammy-toekenningsaand vind plaas op 15 Februarie 2016 by Los Angeles se Staples Center.

Bronne: EWN en Grammy.com

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!