FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Het jy gehoor?

Lag-lag en dans-dans die naweek in

’n Paar lekker lagbuie so uit die maag uit – selfs net ’n glimlag – doen wondere vir jou kop en lyf. Kom, lag saam, dis naweek!

En daar’s goeie nuus – lag het verskeie fisieke voordele:

• Dis soos matige oefening, want jy strek jou gesig- en verskeie spiere, soos dié van jou maag. Jou polsslag en bloeddruk verhoog tydelik, jy haal vinniger asem. Meer suurstof word na jou liggaamsweefsel gestuur omdat jou bloedvloei verbeter. Jy kan jou hartklop verder versnel as jy boonop jou arms swaai.

• En net soos met oefening skei jou brein endorfiene,’n goedvoel-hormoon, af. En dít bevorder gevoelens van liefde, gee, omgee en deel.

• Daarby verbrand jy tot 210 kJ met sowat 10 tot 15 minute se lekker lag!

• Dit gee ook jou immuunstelsel ’n hupstoot, want dit laat die afskeiding van die stresstof kortisol en ook jou bloedsuikervlakke afneem, het eksperimente bewys.

• Jy gebruik ook byna jou hele brein wanneer jy lag, sê www.people.howstuffworks.com. Jy moet iets as snaaks herken en ’n intellektuele analise doen om ’n grap te snap. Daarby span jy die motoriese breinarea in om fisiek te lag. (Die motoriese deel van die brein is daardie deel wat alle bewegings in jou liggaam beheer, ook dié van jou gesigspiere as jy lag.)

Kyk dié 3 video’s, lag lekker en kry jou “oefening” in vir die naweek! 

’n Aansteeklike lagbui. Wanneer dié vrou op ‘n moltrein in Engeland begin lag, begin die hele trein saamlag. En wanneer jy dit kyk, sal jy nie kan help om saam te lag nie.

Enige toer na Indië is nie volledig sonder ‘n Bollywood-danssessie nie. Krieketspeler JP Duminy, sy vrou, Sue, en eersteling, Isabella wys ons hoe!

Die Afrikaanse sanger Elvis Blue se vrou, Chireze, het dié video skelm geneem terwyl hy sy twee dogtertjies, Lila en Jua, wys hoe mens dans. En pa steek af as die ballet-passies eers begin!

Om te lag beteken om jouself lief te hê

- Mickey Mouse