Het jy gehoor?

Laré Birk, Vir Altyd-aktrise met vele talente

Die aktrise Laré Birk se hande staan vir niks verkeerd nie. Sy is nie net ’n opwindende opkomende aktrise nie, sy het ook haar eie besigheid, Woodlady, wat pragtige meubels uit herwinde hout vervaardig. Deesdae is sy ook die trotse mede-eienaar van ’n trendy Johannesburgse restaurant, Grain Food & Wood.

Grain, soos dit reeds bekend staan, het verlede week amptelik sy deure geopen met ’n sterbelaaide bekendstelling waar kos-bloggers en bekendes die geregte op die spyskaart kon proe. Mense soos Donnalee Roberts, Ivan Botha, Armand Aucamp en Anel Alexander het dié opening bygewoon.

Ivan Botha, Donnalee Roberts, Laére Birk en Anel  Alexander

Ivan Botha, Donnalee Roberts, Laré Birk en Anel Alexander FOTO: Facebook Anel Alexander Full

Laré Birk en Armand Aucamp

Laré Birk en Armand Aucamp

Ivan Botha, Laré Birk en Donnalee Roberts

Ivan Botha, Laré Birk en Donnalee Roberts

Laré het Woodlady as eerstejaarstudent begin om te spaar vir ’n duur kamera. Haar pa, Ludi Birk, se besigheid Round Square Pallet Solutions het vir haar die geleentheid geskep om afvalhout in kratte en meubels te omskep en só geld te verdien.

Dié onderneming wat tot onlangs net aanlyn bestuur is, het nou ’n tuiste gevind in Grain. “Al die meubels in die koffiewinkel is uitsluitlik van Woodlady,” vertel Laré.

Sy en haar twee vennote, Gerrie de Haas en Letitia Lerm, het besluit om kragte saam te snoer deur Woodlady en Gihon Foods vanuit een perseel te bestuur, en só is Grain gebore. Dis ’n deli en restaurant vir gesondheidsbewustes wat gluten- en suikervrye kos en produkte verkoop. Dit bevat ook geen preserveermiddels nie. Grain dien ook as handel- en verkoopspasie vir albei ondernemings.

Laré is baie besig tussen Grain, Woodlady en haar loopbaan in die filmbedryf. Sy is bekend vir haar rolle in Musiek vir die agtergrondSchuks! Your Country Needs You en Sterlopers. Sy maak in September haar debuut as regisseur by die jaarlikse Silwerskermfees met haar kortfilm, Dearest Elle, en sy speel in twee van die flieks wat by dié fees sal wys, Pawpaw vir my darling en Sweisbril.

Sy sal ook te sien wees in Donnalee Roberts en Ivan Botha se nuwe fliek, Vir Altyd, wat in Februarie 2016 bekend gestel word.

Kyk hier na foto’s van Grain Food & Wood.

Vir altyd sal op 12 Februarie 2016 landwyd begin draai en SARIE tree as trotse mediavennoot op.

FOTO: Letitia Lerm

FOTO: Letitia Lerm

FOTO: Letitia Lerm

FOTO: Natasha De Bruin

FOTO: Letitia Lerm

FOTO: Letitia Lerm

FOTO: Letitia Lerm

FOTO: Natasha De Bruin

FOTO: Natasha De Bruin

FOTO: Natasha De Bruin

FOTO: Natasha De Bruin

FOTO: Natasha De Bruin

FOTO: Natasha De Bruin

Lees ook