Nelson Mandela (FOTO: Gallo Images/Getty Images)

Nelson Mandela (FOTO: Gallo Images/Getty Images)

Het jy gehoor?

Laurence Fishburne speel Nelson Mandela in nuwe mini-reeks

Die Amerikaanse akteur Laurence Fishburne vertolk die rol van wyle oud-president Nelson Mandela in die nuwe mini-reeks Madiba, berig Daily Mail. 

Die 6 uur lange reeks sal deur Mandela se kleinkind Kweku Mandela vervaardig word en Prison Break se Kevin Hooks is die regisseur.

Volgens Fashion & Style is Madiba gegrond op twee van Mandela se boeke Conversations with Myself en Nelson Mandela by Himself, waarin hy vertel hoe hy die apartheid-regime in die vroeë 1960’s aangevat het.

Bekende akteurs soos Morgan Freeman, Sidney Poitier, Idris Elba, Dennis Haysbert, Terrence Howard en Danny Glover het al die rol van Nelson Mandela gespeel.

Die mini-reeks word eers volgende jaar vervaardig en sal op BET (DStv kanaal 129) uitgesaai word. 

Bronne: Daily Mail en Fashion & Style

Lees ook: