laurika_credit_ivan_naud_
Het jy gehoor?

Laurika Rauch en Mannetjies Roux tree op by Super 15!

Een van Suid-Afrika se grootste rugby-legendes, Mannetjies Roux, en die sangeres, Laurika Rauch, gaan Saterdag 19 Maart tydens die Super 15-derby-wedstryd tussen die Vodacom Blou Bulle en die DHL Stormers op Loftus saam ‘n verskyning op die veld maak. Laurika sal haar trefferliedjie, ‘Stuur groete aan Mannetjies Roux’, sing. Dis ‘n spesiale bederf vir rugby-aanhangers, en terselfdertyd die bekendstelling van die musiekblyspel Stuur groete aan Mannetjies Roux, wat in Mei vanjaar in die Atterbury-teater in Pretoria open. Laurika speel die hoofrol in dié produksie. Mannetjies Roux se ‘Groot Drie’ was die inspirasie vir die liedjie en nou ook die teaterproduksie. SARIE is die tydskrif-mediavennoot. Hou SARIE asook sarie.com, SARIE se Facebook- en Twitterblaaie dop vir alle inligting en besprekingsdetails.

Mannetjies en Charlotte Roux (foto onder)

Mannetjies en Charlotte Roux

LAURIKA SE ‘STUUR GROETE AAN MANNETJIES ROUX’

  • http://www.deovilla.com Tienie Fourie

    Tog so goed dat jy sulke sportsterre soos Mannetjies Roux uitlig!! Stuur groete ook van Wietsche Fourie van Deelkraal, Porch, Suid Afrika.
    Laat weet hom, en sluit jouself in, om vir ons in Swakopmund te kom kuier en ek reel dat Wietsche ook hier is. Sekerlik nie die grootste plek nie, maar een keer hier en julle sal weer en weer kom kuier. Sien ons webtuiste onder
    Baie groete en hou aan met jou wonderlike werk!!
    Tienie en Annetjie Fourie

  • Hyla

    Ht gister di rugby gekyk met Bulls/Stormers – mr die hoogtepunt was ni die Stormers se oorwinning nie maar die optrede van Laurika met Mannetjies Roux – die trane het omtrent geloop!(ja ok, en die Stormers se wen!)