Laurika en liedjieskrywer Vernette Rautenbach FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Laurika Rauch is terug!

Sy is een van Suid-Afrika se gunsteling-sangeresse en ná 3 jaar het Laurika Rauch dié week haar nuutste album bekend gestel. 

Laurika het dié album, Wals, wals Willemien, gister amptelik bekend gestel tydens ’n onderhoud met Derrich Gardner op RSG en SARIE het saam gekuier. Laurika se stem sal jou soos altyd bekoor op dié CD met 14 snitte.

Laurika Rauch en Mannetjies Roux tree op by Super 15!

Laurika en haar man, liedjieskrywer Chris Torr, kuier by Derrich Gardner op RSG FOTO: Phyllis Green

Laurika en haar man, liedjieskrywer Chris Torr, kuier by Derrich Gardner op RSG
FOTO: Phyllis Green

Laurika Rauch oor maer word

Daar is ook twee duette – een met Elvis Blue, “Die strome van die Drakensberge”, en met Joe Niemand, “Liefde is al wat ons het”.

Liedjieskrywer en Laurika se man, Christopher Torr, het weer help skryf aan die musiek op dié album. Ander liedjieskrywers wat bygedra het tot dié album was onder andere Elvis Blue, Christoph Kotze, Vernette Rautenbach, Lize Beekman, Etienne Steyn en Jaconell Mouton.

In haar gesprek met Derrich het Laurika dit duidelik gemaak sy kies altyd net liedjieskrywers wat musiek skryf wat met haar práát en waaraan sy ’n verbintenis voel.

Die ondersteuning van haar familie is ook baie belangrik vir dié sangeres, veral tydens die opneem van haar albums. Haar dogter en skoondogter was selfs saam met haar in die ateljee vir die bekendstelling van die CD!

Laurika en liedjieskrywer Etienne Kotze, wat die titelsnit op haar nuwe album geskryf het FOTO: Phyllis Green

Laurika en liedjieskrywer Etienne Kotze, wat die titelsnit op haar nuwe album geskryf het
FOTO: Phyllis Green

Nuwe klokkies in Laurika se stem – lees meer hier