FOTO Spheratical Productions

FOTO Spheratical Productions

Het jy gehoor?

Leah se kerriehoender

Sy was Rapport se Model van die Jaar in 2011, het saam met die sanger Bobby van Jaarsveld gespeel in die rolprent As jy Sing en onlangs het SARIE ontdek die bekroonde sangeres Leah, wat verlede jaar haar debuut-CD, Wonderwerk, uitgereik het, hou ook van kook.

“Al moet ek dit nou self sê, dié kerriehoender se sous is baie lekker,” sê sy. Leah sê sy kan elke dag hoender eet. En die gereg is boonop maklik om te maak. Sowat 45 minute en dit is reg.

“Ek is baie trots, ek het die resep getrou gevolg – dit het net soos die prentjie gelyk en my skoonsus en swaer, Hanneke en Ron van Heerden, het op besoek uit Kanada gesê dit het ongelooflik gesmaak.’’

FOTO: Spheratical Productions

FOTO Spheratical Productions

Leah se smaaklike kerriehoender

genoeg vir 4

Bestanddele 

• 3 eetlepels klapperolie
• 8 hoenderstukke
• 1 ui, opgekap
• 1 eetlepel gekneusde knoffelhuisie
• 2 eetlepels matige kerriepoeier
• 1 blikkie geskilde tamaties, fyngedruk in sap
• sout en peper na smaak
• 2 eetlepels gekapte koljander
• 1 houer ongegeurde joghurt (125 ml)

Metode

• Smelt klapperolie.
• Verbruin die hoender liggies en haal dan uit.
• Braai uie, knoffel en kerriepoeier saam tot sag en uie deurskynend is.
• Sit hoender terug en meng deur.
• Voeg fyngedrukte tamatie by en kook ’n halfuur lank op mediumwarm hitte. Geur na smaak.
• Voeg koljander en jogurt net voor etenstyd by en roer deur.
• Sit voor met rys, of, vir iets anders, blomkoolrys.

FOTO Facebook / @LeahSA

FOTO Facebook / @LeahSA

Leah het vroeër vanjaar haar 5 skoonheidsgeheime spesiaal met ons gedeel – lees hier.

Lees nou

Leah se 5 skoonheidsgeheime

TROUFOTO’S: ‘As jy sing’-ster Leah se prag-troue