leandie

FOTO Instagram (@leandiedurandt)

Het jy gehoor?

Leandie deel haar wenke vir selfvertroue

Dit is Vrouemaand, dus is daar nóg meer rede om jou en die vroue om jou te vier! En as dit vir jou moeilik is om die mooi dinge wat ander van jou sê te glo, is dit dalk tyd om bietjie na jou selfvertroue te kyk. 

Die aktrise Leandie du Randt Bosch deel ’n paar wenke en praktiese stappe uit haar vertoning  #NoOneCanBeatYouAtBeingYou met ons.

Leandie het in 4 maande 60 vertonings gedoen! Dít is nog nooit deur enige ander Suid-Afrikaanse aktrise vermag nie. Nou trek sy al by haar laaste vertoning van #NoOneCanBeatYouAtBeingYou en dit sal haar grootste een nóg wees! Met Irene-Louise van Wyk wat ook in die program sing, klink dit na ’n lekker aand uit saam met jou vriendinne.

Haar praatjie gaan oor hoe jy jouself nie met ander moet vergelyk nie en hoe jy daardie unieke kwaliteite wat net jý het, kan uitleef. Hier deel sy 5 wenke vir hoe jy jou selfvertroue kan terugkry:

1. Identifiseer die gebeurtenis wat jou jou selfvertroue laat verloor het, bv. die 10 kg wat jy ná jou eerste swangerskap opgetel het, of die keer toe jou kêrel jou gelos het.

2. Hoekom voel jy nou minderwaardig ná dit wat gebeur het? Voel jy oorgewig en lelik voor jou man, of voel jy jy is nie mooi of goed genoeg om ’n kêrel te behou nie?

3. Skryf jou ideale toestand, die een waar jy selfvertroue het, neer op ’n stuk papier en plak dit in jou kas. Soos “10 kg ligter” of “wanneer ek oor my eks is”.

4. Skryf menslike en fisieke stappe neer wat jou gaan help om jou selfvertroue terug te kry, bv. “oefen 3 keer ’n week en eet gesond”, of “sê elke dag vir myself dat hy nie die regte kêrel vir my was nie” en “ek verdien beter”.

5. Doen stap 4 tot jy ’n verskil sien en weer meer soos jou gesonde self voel – moenie moed opgee nie. Dit vat 21 dae om ’n gewoonte te vorm en 90 dae om ’n leefstyl te skep. Maak nie saak wat nie, don’t give up!

Onthou: No One Can Beat You At Being You, so fokus daarop om die beste jý te word eerder as om soos iemand anders te wees of te wil lyk. Glo my, jy wil nie noodwendig daai persoon se lewe hê nie, almal het probleme maar niemand is JY nie en niemand het jou magic nie!

Leandie se heel laaste vertoning is op 30 September by Emperors Palace in Kempton Park, Johannesburg. Daar is ’n ouderdomsbeperking van 10 jaar oud en jy kan kaartjies op Computicket koop.

Lees nou

Ons inspirasie-vroue vir Vrouemaand

Ryan Gosling: ‘Ek is soms 47% vrou!’

Sperdatums shmerdatums! Só hou jy daarby