FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

Het jy gehoor?

Leandie du Randt en Bouwer Bosch trou vandag!

Die gewilde glanspaartjie Leandie du Randt en Bouwer Bosch trou vandag!

En soos met enige paartjie loop die opwinding hoog! Leandie het dié mooi foto op haar Instagram-blad gedeel en geskryf dat vandag die gelukkigste dag in haar lewe is.

Bouwer het ook op sy Instagram-blad ’n foto gedeel en bygeskryf: “Vandag word my beste vriendin my vrou. Wat ‘n voorreg.#123BoschMyself

Die gewilde ontwerper Kobus Rautenbach het Leandie se trourok ontwerp – ons kan nie wag om dít te sien nie!


Op 11 Desember verlede jaar het Bouwer vir Leandie die groot vraag gevra. Sy vertel in SARIE se Februarie 2015-uitgawe dat hulle saam wil oud word. “[Ons] wil saam oud word omdat nie een van ons onsself eendag kan sien sit op die ouetehuis se stoep met iemand anders nie. En dan wil ons steeds mekaar se grappies geniet. Dis al wat regtig saak maak.”

“11 Desember, toe ons verloof geraak het, sal altyd ’n groot dag in ons lewe wees. Bouwer vertel hy het twee maande lank met die ring in sy sak rondgeloop en gewag vir die ‘regte oomblik’.”

“Ons wou die Jakaranda-kinderhuis se Kersliggies, een van Pretoria se móét-sien dinge, beleef. Toe ons naby ’n verligte slee met bokkies kom, het Bouwer net so mooi in my oë gekyk. Toe hy my gevra het om met hom te trou, het sy asem opgeraak en ek het dadelik ja, ja, ja gesê.”

Lees nou