FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Leandie du Randt gee vir Karlien raad oor ‘Strictly Come Dancing’

Die aktrise Leandie du Randt het verlede jaar tweede geëindig in die gewilde werklikheidsreeks Strictly Come Dancing. En vanjaar gaan die Afrikaanse sangeres Karlien van Jaarsveld aan dié reeks deelneem.

FOTO: Marijke Willems

FOTO: Marijke Willems

Leandie deel haar topwenke met Karlien

  • Oefen soveel as wat jy kan, practice makes perfect.
  • Oefen met jou dansskoene al het jy blase – dit maak hulle vinniger sag en help jou om gewoond te raak aan die gevoel om met hulle te dans.
  • Wees net jouself en geniet dit, dis die main goal.
  • Werk hard om die tegnieke reg te kry sodat die beoordelaars jou kan “red” as jy in ’n dance off kom – hulle kyk veral na die tegniese aspekte.
  • Bad in Engelse sout ná elke oefening en slaap soveel as wat jy kan.
  • Fokus op die musiek en jou dansmaat wanneer julle dans, en vergeet van die res – konsentreer op elke sekonde van die dans.
  • Maak op met jou persoonlikheid wanneer jy ’n fout maak en act it out, honey … just keep dancing!
Screen Shot 2015-06-02 at 11.18.50 AM

Karlien en haar dansmaat, Devon Leigh Snell. FOTO: Instagram

Die oud-Bloubulhaker Gary Botha sal ook in die nuutste reeks van Strictly Come Dancing te sien wees. Leandie se raad aan hom? “Personality personality personality!”

Die nuwe reeks van Strictly Come Dancing begin Vrydag, 5 Junie 2015 om 19:30 op SABC 3.

Karlien van Jaarsveld junie jun 2015

Dié uitgawe is hierdie week op die rak. Dit kan ook digtiaal HIER afgelaai word.

Lees ook