Leandie du Randt FEB 2015
Het jy gehoor?

Leandie du Randt gesels oor Vadersdag en haar nuwe fliek

2015 is aktrise Leandie du Randt se jaar! Sy het pas die Tempo-toekenning vir beste aktrise in ’n drama vir haar rol in Vlug na Egipte gewen. Sy is een van die gewildste sterre in Binnelanders en boonop trou sy ook later vanjaar! En haar nuutste fliek, Hollywood in my huis, is eersdaags op die grootskerm te sien.

“Die karakter wat ek vertolk, Angelique, is die hoofmeisie van die skool en sy dink sy is baie cool, maar sy is ’n regte mean girl,” vertel Leandie aan SARIE.com.

Dit is die eerste keer dat Leandie ’n feeks speel, en sy het dié uitdaging geniet. “Dit was lekker omdat ek haar baie kon inkleur. Dit was ook interessant om iemand te speel wat heeltemal anders as ek is.”

Leandie sien ook uit na ’n projek saam met haar verloofde, Bouwer Bosch (maar hieroor wil sy nog nie veel sê nie), en nóg ’n moontlike fliekrol later vanjaar. En natuurlik beplan sy ook nog haar troue wat in aan die einde van die jaar plaasvind.

FOTO: Phyllis Green

Leandie du Randt en haar pa, Neels

Vir Vadersdag beplan Leandie om saam met haar gesin by haar pa, Neels, te braai. Ná haar ma verlede jaar gesterf het, is haar verhouding met haar pa nóg hegter. “Ek en my pa was nog altyd baie na aan mekaar, maar ná my ma se dood het ons verhouding net sterker geword, en dit het in ’n meer volwasse vriendskap ontwikkel.”

Ek praat nou ook met hom oor baie meer girly goed ook, hy is mos nou my mamma én pappa.

Hollywood in my huis begin 26 Junie 2015 in teaters draai.

Lees ook