FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

Het jy gehoor?

Leandie du Randt praat oor haar nuwe liefde én danspassies

Danspassies is nie al wat Strictly Come Dancing se Leandie du Randt se hart vinniger laat klop nie. Haar nuwe liefde help ook  …

Die Getroud met rugby- en Die Windpomp-ster het vanoggend aan SARIE.com vertel dat sy en die sanger en akteur Bouwer Bosch nou amptelik ’n paartjie is.

Hulle is al vir byna twee jaar beste vriende, maar dié vriendskap het nou in iets meer ontwikkel.

“Ek dink ons vriendskap is ’n goeie grondslag vir ons verhouding. En ons is presies dieselfde,” sê sy en verduidelik dat Bouwer die manlike weergawe van haarself is en andersom.

Bouwer en Leandie by die première van Die Windpomp in Kaapstad FOTO: Instagram (@bouwerbosch)

Bouwer en Leandie by die première van Die Windpomp in Kaapstad
FOTO: Instagram (@bouwerbosch)

“Omdat ons eers vriende was, is ons baie eerlik met mekaar. Ons sal sommer vir mekaar vra ‘wat het jy aan?’ as ons nie van mekaar se klere hou nie. Maar ons leer nou om meer sensitief te wees met sulke goed,” lap sy uit. “Ons vat dit maar soos dit kom, maar ons is ernstig oor mekaar.”

Maar hulle lag darem ook saam. “Dis nog altyd vir my baie belangrik dat jy saam met iemand moet kan lag.”

Die paartjie lag baie saam. FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

Die paartjie lag baie saam. FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

Leandie en Bouwer by 'n piekniek-troue FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

Leandie en Bouwer by ‘n piekniek-troue
FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

Vir Leandie is die manier waarop Bouwer haar liefhet veral kosbaar. Sy reken hy weet presies hoe om haar lief te hê.

Ek het nog nooit ’n ou gehad wat my met sy liefdestaal bederf nie, maar dis asof Bouwer by die Here ’n manual gekry het oor hoe om my lief te hê

-Leandie oor Bouwer

Leandie speel later vanjaar in die flieks Hollywood in my huis en Strikdas. Sy is ook in Mooirivier, wat volgende jaar uitgereik word, het pas haar eie boek, Gemaklik in jou eie lyf, uitgereik én is in die nuwe seisoen van Strictly Come Dancing.

“Op die oomblik sê ek nee vir onnodige werk, want Strictly Come Dancing is nou my eerste prioriteit,” sê sy oor die werklikheidsreeks wat vanaf 18 Julie op SABC 3 wys.

Leandie in die Strictly Come Dancing-dansstudio FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

Leandie in die Strictly Come Dancing-dansstudio
FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

Haar strategie vir die dansreeks is om haarself nie met die ander finaliste te vergelyk nie. “Om die beste te wees, moet jy fokus op jou eie vordering. Ek is my eie grootste kompetisie en solank ek net elke dag beter is as die vorige dag, is ek tevrede,” vertel Leandie, wat op skool ballet gedoen het.

“Die ballet help baie met my postuur en my ritme, maar dis eintlik heeltemal anders as die Latin en ballroom omdat die tegniese reëls so baie verskil.”

Sover geniet sy dit baie om weer te dans. Sy en haar dansmaat, Brandon Le Riche, is nou besig om hul eerste dans te oefen en hulle begin ook dié week met nuwe ballroom-passies. “En ons doen báie lifts! Dis regtig  lekker, want Brandon is sterk en ek vertrou hom,” sê sy en vertel dat sy laas só gestres het toe sy op skool aan atletiek deelgeneem het.

“Ek het presies dit nou in my lewe nodig gehad, my brein het nodig gehad om verby my tone te dink,” sê sy optimisites. Selfs al bloei haar linkervoet byna elke dag …

Nóg oor Leandie op SARIE.com

Leandie se ma ná kort siekbed oorlede

Leandie oor haar eerste boek

Leandie du Randt in Strictly Come Dancing

Leandie en Bouwer saam in musiekvideo