Het jy gehoor?

Leanne Manas se huldeblyk aan Vuyo Mbuli

Jy sou nie op dié Maandagoggend die Morning Live-span se dapperheid en hartseer kon miskyk nie. Dit was hul eerste uitsending na TV-anker Vuyo Mbuli se skielike dood. Hy het Morning Live gestig en is bestempel as een van die ‘voorvaders’ van dié program.

Mbuli is oor die naweek oorlede ná daar ‘n bloedklont deur sy long gegaan het.

In ‘n onderhoud wat die vervaardiger van Morning Live met Leanne Manas gedoen het, het sy hulde gebring aan haar ‘morning husband‘.

“Jy sou nie weet nie hoe goed Vuyo was voor jy nie saam met hom op stel uitgesaai het nie.”

“Ek het so baie by hom geleer, selfs nog in laasweek! Ek het nooit ophou leer by Vuyo nie.”

“Daar was een konstante – dit was ek en hy. Ek sou by die deur inkom soggens en sy glimlag sien. En als sou oukei wees.”

“Vuyo het ‘n passie vir Suid-Afrika gehad. Selfs al sou ek hom vertel van my oorsese reise, sou hy dit aflag. En as hy nie daai SA-vlaggie op sy baadjie gedra het soggens nie, kon hy skaars uitsaai!”

Kyk die volledige huldeblyk híér: