FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Leer ken 2014 se SARIE Voorbladgesig-finaliste beter – finalis 9&10

Elkeen het iets. Borrelende selfversekerdheid, ’n porselein-gelaat, innerlike krag. Maar dít het almal gemeen: styl, grasie en skoonheid. Ons het ons 10 finaliste afgeneem soos hulle op ’n SARIE-voorblad kán lyk.

Vandag ontmoet ons vir Hanri van Schalkwyk en Elmaine Lourens. En vanaand,  Dinsdag, 9 September, kondig ons aan wie die wenners is!

Lees meer oor Charmlyn Carelse en Anéle Jansen van Rensburg HIER.

Het jy dít geweet van Almarie du Preez, Anel Prinsloo en Monique Sutherland?

Leer ken Ankia Botha, Ninette Theron en Melony de Jager – klik hier!

Onthou! Jy kan saam kuier wanneer ons die wenners bekend maak. SARIE, die finaliste, Bobby van Jaarsveld, Elma Smit, Charlize Berg én ons borge Revlon, Samsung, Clicks en spree gaan daar wees. Kry jou kaartjie hier: http://bit.ly/1nLANBH

HANRI VAN SCHALKWYK

(30) MODEL, CENTURION

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Wat is jou stokperdjies?

Gim, kook, bak, reis. Ek het onlangs in Switserland gaan Duits leer en sommer ook valskermspring.

Hoekom is Afrikaans vir jou belangrik?

Dis uniek aan Suid-Afrika, ek mis dit wanneer ek so baie oorsee is.

Hoekom wil jy wen?

Dis elke meisie se droom om op SARIE se voorblad te wees!

Wat dink jy van skoonheidskompetisies?

Ek het al aan baie deelgeneem, soos Mej. Aarde (2005). Dit bou selfvertroue en is deel van vrouwees om te wil mooi lyk.

Hoeveel keer per dag kyk jy in die spieël?

Moet ek regtig sê? [Lag.] Elke keer as ek verby een loop, selfs na my weerkaatsing in vensters!

As jy net een eienskap kon uitsonder, wat’s vir jou die mooiste aan jou gesig?

Net een? My hare.

Jou grootste lewensles?

Waardeer jou ouers. Ek’t ná skool oorsee begin modelwerk doen en gedink onafhanklikheid gaan lekker wees. Maar dis nie altyd maklik om op jouself aangewese te wees nie.

Beskryf jouself in een woord?

Spontaan.

Wie inspireer jou? 

My ma, Monica. Sy’t my van kleintyd gemotiveer om te presteer. En my pa, Roelof, hy is altyd daar vir my.

ELMAINE LOURENS

(20) STUDENT, BELLVILLE

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Wat sal jou droomwerk wees?

Ek is al van kleins af lief vir hare en grimering doen. Pak gekry in die winkel, want ek soek twee Tinker Bellgrimeerstelletjies en mag net een kry. Ek wil oor ’n paar jaar my eie haarsalon oopmaak. Ek het hare- en grimeerkursusse gedoen en doen tans ’n sakebestuur-kursus.

Jy spot graag met jouself. Was jy altyd so?

Nee! Ek spot eerder met myself voor iemand anders dit doen. Ek is op skool erg geboelie omdat ek mollig was. Die vrees vir kritiek het my teruggehou. Ek het ’n terapeut geraadpleeg en aan my selfvertroue gewerk. En kyk, hier is ek in die top-10 van die Voorbladgesig-wedstryd!

Wie inspireer jou?

My pa, Pierre. Hy het baie arm grootgeword en het net matriek agter sy naam. Maar hy het bitter hard gewerk om vandag sy eie korttermyn-versekeringsmaatskappy te besit.

Jou top-grimeerwenk?

Meng verskillende handelsmerke se onderlae vir die perfekte kleur, en moenie met grimering gaan slaap nie.

Wie is jou rolmodel?

Brümilda van Rensburg – vir haar wysheid, skoonheid en selfvertroue.

Wat is jou swakpunt?

’n Héle bak roomys, wanneer ek hartseer, kwaad of gelukkig is!

En vanaand kondig ons aan wie die wenner is!

Lees meer oor die ander finaliste HIER.

Voorbladgesig

Onthou! Jy kan saam kuier wanneer ons die wenners bekend maak. SARIE, die finaliste, Bobby van Jaarsveld, Elma Smit, Charlize Berg én ons borge Revlon, Samsung, Clicks en spree gaan daar wees. Kry jou kaartjie hier: http://bit.ly/1nLANBH

Voorbladgesig