FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

LEES DIT EERSTE: Nadia Beukes is verloof!

“Ek sit in die wolke en is in die wolke. Ek sien uit na die res van my lewe saam met hom!” Dit is Nadia Beukes se ekstatiese reaksie nadat sy pas by die ski-oord Méribel in die Franse Alpe verloof geraak het aan Dave de Villiers, ’n eiendomsontwikkelaar van Pretoria.

“Vandag presies ’n jaar terug het ons op ons eerste date gegaan. En ek het gedink ons gaan net vir middagete om ons eerste herdenking te vier. Toe ons daar aankom, was daar sjampanje en Dave speel “Quando, Quando, Quando” – en ek hoor die woorde  Tell me when will you be mine.

Nadia het dié foto’s met SARIE.com gedeel:

FOTO: Verskaf

IMG-20160120-WA0011 IMG-20160120-WA0010

Nadia het verlede jaar vir ons Junie-uitgawe gesels oor haar verhouding met Dave. Hier volg ’n kort uittreksel.

Dis die ene kuiltjies soos sy glimlag wanneer sy oor hom praat. Hulle het in November ontmoet, maar het al vir jare van mekaar geweet omdat hul ouers huisvriende is. “Toe het hy in November laas jaar Liefling by Montecasino kom kyk, waarin ek die rol van Jesse vertolk het, en vir my ’n boodskap gestuur om te vra of ons ná die tyd kan ontmoet. Ek het ingestemomdat ek van hom geweet het, maar nie veel daarvan gedink nie. Ons het daardie aand heerlik gelag en gekuier.”

Hulle het toe vir meer as ’n maand net per SMS gesels, want albei was oorsee met vakansie op verskillende tye, en Nadia was op die pad vir werk.

“Ons het toe agtergekom ons het dieselfde sin vir humor en baie dieselfde belangstellings. Hy’s intelligent en toe ons eindelik die eerste keer uitgaan, het ons gesels tot die restaurant toegemaak het. Hy het werklik, en heel onverwags, my voete onder my uitgeslaan!”

Dis die eerste keer dat Nadia in die media oor haar verhouding gesels. “Ons wou dit eers kans gee om te groei sonder dat daar druk van buite is. Ons verkies dit albei om ons persoonlike lewe vir onsself te hou en te koester.”

“Ek weet nie wat die toekoms vir ons inhou nie, maar sover is ons verhouding vir my wonderlik. In vorige verhoudings het ek geneig om te probeer aanpas by die ander persoon, of besluite geneem wat ek dink van my verwag word. Nou weet ek dis belangriker om dapper genoeg te wees om eerlik te wees en die regte besluite vir jouself te neem. En Dave gee my die spasie om te wees wie ek werklik is. Hy verstaan dat ek besig is, want hy is ook, en is nie geïntimideer as hy glansgeleenthede saam met my moet bywoon nie. Inteendeel, hy hanteer die rooi tapyt soos ’n pro!”

FOTO: Phyllis Green

“En hy dink nie minder van my as ’n vrou omdat ek dit nie geniet om te kook nie,” giggel sy. “Ek kan seker ’n eier kook en roosterbrood maak as ek regtig moet, maar ek koop maklik eerder iets by Woolies. Dave kan gelukkig heerlik kook – wat ’n bonus!”

Dit lyk behoorlik asof ’n towerfee haar staf oor Nadia se lewe kom swaai het. Maar, benadruk sy, daar was ook opdraandes om dié kruin te bereik.

“Ek het beslis foute gemaak en op die harde manier geleer. In my loopbaan én my persoonlike lewe. Ek dink byvoorbeeld aan hoe ek moes besef ek is net ’n mens, en dat ek nie by alles hoef uit te kom – of kan uitkom – nie. Ek het al baie onsuksesvolle oudisies gedoen en dis steeds vir my ’n uitdaging om nie teleurstellings persoonlik op te neem en emosioneel te raak daaroor nie. My hart was ook al in stukke wanneer verhoudings nie uitgewerk het nie en ek moes hard werk om weer in die liefde te glo. Nou sien ek elke geleentheid, verhouding of werk as ’n skoon blaadjie, ’n nuwe kans.”

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

nadia beukes

 

Dié Julie-uitgawe is ongelukkig nie meer op die rak nie, maar kan steeds digitaal HIER afgelaai word.