Judi Dench en "James Bond" Daniel Craig FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Legendariese aktrise dame Judi Dench sukkel met haar sig

Die legendariese “M” van James Bond-faam is besig om haar sig te verloor, berig Contactmusic.

Die 79-jarige aktrise sukkel glo om haar draaiboeke te lees en gesigte te herken. Haar sig-probleme het reeds 2 jaar gelede begin, maar is vinnig besig om te vererger.

Haar mede-spelers van Philomena, haar nuwe fliek wat vir ’n Oscar benoem is, sê sy is steeds baie inspirerend. Al kon sy nie haar draaiboek lees nie, het sy vriende gevra om saam met haar die dialoog te leer en dit opgeneem.

Tydens verfilming van dié fliek het sy gesukkel om gesigte en voorwerpe uit te ken, en moes gereeld gehelp word.

“Sy is wonderlik, want sy het oop kaarte gespeel oor haar oog-kondisie en het vir hulp gevra wanneer sy dit nodig het. Maar haar toneelspel was altyd perfek,” het ’n bron gesê wat aan die film gewerk het.

Sy is gediagnoseer met die degenerasie van die macula lutea in haar retinas – wat kan lei tot slegte sig en blinde kolle.

Judi, wat vir ’n Oscar benoem is vir haar rol in Philomena, raak glo woedend as mense sê sy is besig om blind te raak. “Haar sig is net swak, sy weier om te glo dat sy blind gaan raak,” het een van haar vriende gesê.

Beskerm só jou oë: Laser-terapie, sonbrille, regte dieet vir jou oë – KLIK HIER!

Kyk hier na die lokprent van Philomena

Bron: Contactmusic