FOTO: Instagram @oscarprgirl"

Het jy gehoor?

Legendariese mode-ontwerper Oscar de la Renta oorlede

Die bekende modeontwerper Oscar de la Renta, wat van presidentsvroue tot Hollywood se A-lys vir die rooi tapyt én hul troues aangetrek het, is in die ouderdom van 82 oorlede.

Volgens Reuters het die televisiekanaal Univision berig dat Oscar Maandag oorlede is ná ’n kankerstryd van 10 jaar.

Mnr. De la Renta is in die Dominikaanse Republiek gebore en het later in Spanje kuns studeer. Hy het in die 1960’s vir homself naam gemaak toe hy vir die presidentsvrou Jacqueline Kennedy klere gemaak het.

Hy het vinnig bekend geword vir sy klassieke, vroulike en elegante ontwerpe.

Oscar was verantwoordelik vir verskeie bekendes se trourokke – ook onlangs vir dié van Amal, George Clooney se vrou.

Een van Oscar de la Renta se uitrustings tydens die New Yorkse Modeweek verlede jaar FOTO: Instagram

Een van Oscar de la Renta se uitrustings tydens die New Yorkse Modeweek verlede jaar
FOTO: Instagram

Die Suid-Afrikaanse modelle Candice Swanepoel en Katryn Kruger in 'n advertensieveldtog vir Oscar de la Renta

Die Suid-Afrikaanse modelle Candice Swanepoel en Katryn Kruger in ‘n advertensieveldtog vir Oscar de la Renta

Bekende Oscar de la Renta-aanhalings

“Fashion is about dressing according to what’s fashionable. Style is more about being yourself”

“We live in an era of globalization and the era of the woman. Never in the history of the world have women been more in control of their destiny.”

“You have to walk like you have three men walking behind you.”

“I want to make clothes that people will wear, not styles that will make a big splash on the runway.”

“The qualities I most admire in women are confidence and kindness.”

“We’re dealing with sophisticated customers. What’s most important to these women is individuality. I have to create things she’ll want to wear, no matter who she is.”

“Every season I am inspired by women.”

“I am not interested in shock tactics. I just want to make beautiful clothes.”

“There is always an emotional element to anything that you make.”

Nog Oscar de la Renta-skeppings

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

86th Annual Academy Awards - Arrivals

FOTO: Gallo Images / Getty Images

a black & white moment. – @yatcher

A photo posted by @oscarprgirl on

posted. A photo posted by @oscarprgirl on

’n Ou foto van Oscar de la Renta en Donna Karan

FOTO: Instagram @oscarprgirl"

FOTO: Instagram @oscarprgirl”

Bron: Reuters en LA Times