Tant Grietjie
Het jy gehoor?

“Lekker ou Jan” se Tant Grietjie oorlede

Die ikoniese Tant Grietjie is Dinsdag in die Harmonie-tehuis in Springbok oorlede, berig Die Burger.

Tant Grietjie het bekendheid verwerf met haar riel-liedjie “Lekker ou Jan”. Sy is in die ouderdom van 87 weens swak gesondheid oorlede in die tehuis waar sy sedert 2011 versorg word.

Magrieta Adams (Tant Grietjie se doopnaam) wat van Garies kom, het al verskeie pryse in haar lewe ontvang. Sy is onder meer in 2004 deur die premier van die Noord-Kaap as ’n ikoon vereer, berig Die Burger. Daar is ook twee ATKV-wisseltrofees vir rieldans wat na haar vernoem is.

Lees meer oor Tant Grietjie HIER.

Pasella het in 2011 by Tant Grietjie gaan kuier. Kyk na dié onderhoud hier:

 

Twiets oor Tant Grietjie