Het jy gehoor?

Leon Schuster se gesondheid kniehalter fliek

As sy planne reg verloop, begin hy eers in September skiet, vertel hy.

“Dis ‘n volwaardige fliek en nie ‘n skelm-kamera-fliek nie.

“So baie mense vra my wanneer maak ek weer een. My instink het net gevoel dit is nou weer tyd vir ‘n lekker storie soos Mr. Bones en Mamma Jack,” vertel Leon.

Hy is weer self voor én agter die kameras in die nuwe fliek.

“Dit gaan oor ‘n wit en ‘n swart ou wat mekaar nie kan verdra nie, oor iets wat in hulle jeug gebeur het. Dis nie ‘n rassistiese kwessie nie. Omstandighede gooi hulle weer saam. Daar is lekker humor en ‘n kinkel in die storie, vertel hy verder”

Hy glo dié rolprent gaan ook internasionale potensiaal hê.

Daar is nog nie ‘n uitreikdatum nie.

  • Frieda

    Sterkte en word asb gou gesond.

  • teresa

    leon jammer van jou sieknis, jou rolprente is tops, jy is een van die bestes, jy laat ons lag maar wat laat jou lag? sarie is nie net n tydskrif nie dis n vriendin in nood, menigte resepte by jou, vriendin,het my al gehelp op die nippettjie dankie. lief jou