FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Leonardo DiCaprio en Martin Scorsese span wéér kragte saam

Die Hollywood-akteur Leonardo DiCaprio (40) en die Oscar-bekroonde regisseur Martin Scorsese (72) gaan vir die 6de keer kragte snoer vir die fliek oor Amerika se eerste reeksmoordenaar, Dr. HH Holmes, berig Daily Mail.

Dié fliek is gebaseer op die boek deur Erik Larson, Devil in the White City: Murder, Magic and the Madness at the Fair that Changed America

devil-in-the-white-city

HH Holmes was ’n uitgeslape moordenaar wat voor die 1893-wêreldskou in Chicago spesiaal ’n hotel naby aan die skougronde laat oprig het sodat hy gaste daar kon martel en vermoor. Dié drieverdieping-hotel het later bekend gestaan as die Moord Kasteel. Toe hy gevang en tot die dood veroordeel is, het HH Holmes skuld op 27 van die moorde beken, maar daar word geglo dat hy tot 200 mense vermoor het.

Volgens Deadline is dit nog nie bekend wanneer die fliek bekendgestel sal word nie. Al wat ons sover weet is dat die produksiehuis Paramount die kontrak vir Devil in the White City gekry het.

Leonardo en Martin het al 5 flieks saam gemaak: Gangs Of New York, The Aviator, The Departed, Shutter Island en The Wolf Of Wall Street.

Ander akteurs wat al reeksmoordenaars gespeel het

  • Anthony Hopkins in Hannibal Lecter
  • Charlize Theron in Monster
  • Kevin Costner in Mr. Brooks
  • Matthew McConaughey in Frailty
  • Owen Wilson in The Minus Man
  • Elijah Wood in Sin City.

Dink jy dit is tyd dat Leo ‘n Oscar wen?

  • Ja
  • Nee

Bronne: Daily Mail en Deadline

 Lees ook