FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Is Leonardo DiCaprio verloof?

Leonardo DiCaprio, een van Hollywood se hubaarste enkellopendes, staan nou glo kansel se kant toe, berig OK!

Hy en sy meisie, die 25-jarige model Kelly Rohrbach, het volgens ’n bron op 26 September verloof geraak tydens ’n romantiese aandete in ’n Italiaanse restaurant in New York. Hulle is al vir vier maande saam en is glo smoorverlief.

Hier is sy vroeër vanjaar by die gala-geleentheid van die Leonardo DiCaprio-stigting.

Die bron het aan OK! gesê Kelly is meer as net ’n mooi gesig. Sy verstaan Leo op ’n intellektuele vlak en deel sy passie om wêreldarmoede en omgewingskwessies te aan te spreek.

OK4215_cover_ns1

Leo (40) het al met ’n hele string modelle uitgegaan, onder andere Gisele Bündchen.

Lees ook