FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Leonardo DiCaprio is weer enkellopend

Leonardo DiCaprio kan maar net nie ’n Oscar of ’n vrou kry nie.

Arme Leo is weer enkellopend ná sy verhouding met die aktrise en model Kelly Rohrbach op die rotse geloop het.

Volgens Vanity Fair gaan die pragtige Kelly deur ’n tyd van gemengde gevoelens – die slegte nuus is dat haar verhouding met een van Hollywood se gewildste akteurs iets van van die verlede is; die goeie nuus is dat dié 25-jarige in die nuwe Baywatch-film gaan speel.

Us Weekly berig dat Kelly en Leo reeds ’n maand gelede uitmekaar is en volgens ‘n bron in hul binnekring word die skuld daarvoor gepak op hul besige skedules.

Die tydsberekening is nogal hartseer vir Kelly aangesien Leo benoem is vir ’n Golden Globe en ’n Screen Actors Guild-toekenning – en moontlik ook vir ’n Oscar – vir sy rol in The Revenant. Sy gaan dus 3 groot rooitapytgeleenthede én die rokke daarvoor misloop!

Maar omdat sy nou op haar akteursloopbaan konsentreer, gaan sy dalk een van die dae self na dié geleenthede genooi word.

Kyk hier na die lokprent van The Revenant – die fliek wat dalk vir Leo sy eerste Oscar kan gee.

Bronne: Vanity Fair en Us Weekly