Leonardo DiCaprio
FOTO: Instagram @theacademy

Leonardo DiCaprio FOTO: Instagram @theacademy

Het jy gehoor?

Leonardo se fliek ‘The Revenant’ is hiér!

Ons naweek begin omtrent op ’n hoë noot, want Leonardo DiCaprio se rolprent The Revenant begin vandag in SA teaters draai. Dis die einste film waarvoor Leo dalk sy eerste Oscar kan wen. 

Kritici is gaande oor sy spel in dié oorlewingsdrama. Dit speel af in 1820 en die uitdagende rol het baie van Leonardo geverg. Dis ook ’n ware verhaal, wat gewoonlik in die akteur se guns tel as dit by die Oscar-beeldjie kom.

Kom ons hou duim vas dat dit dié keer Leo se beurt sal wees.

Hier is 4 feite oor The Revenant:

1. Dis gebaseer op ’n ware verhaal. Baie tonele in die fliek is van gebeurtenisse wat Leonardo se karakter, Hugh Glass, werklik beleef het.

2. Die draaiboek is ’n verwerking van Michael Punke se boek, The Revenant: A Novel of Revenge.

3. Die regisseur, Alejandro González Iñárritu, wou net in natuurlike lig verfilm. Dit het beteken dat die filmspan net vir enkele ure per dag kon skiet, want hulle het tydens die winter in die Kanadese wildernis geskiet.

4. Hugh Glass was in die 1800’s ‘n legende omdat hy ’n aanval van ’n beer oorleef het.

Kyk The Revenant se lokprent hier:

Bron: The Telegraph

Ander Oscar-films wat nou draai:

Bridge of Spies | Creed | Carol | The Big Short

Lees nou