andre_g_nel
Het jy gehoor?

Lewende opname van André G Nel by die Centurion-teater

“And you saved me

I needed to be saved

You rescued me from the deep somehow

Thank you I’m OK now”

sing André G Nel in sy nuwe liedjie, ”I’m OK now”, wat hy vanaand sal uitvoer in ‘n lewende opname in die Centurion-teater, Pretoria.

Vanaand se hele vertoning gaan opgeneem word, asook die duet wat hy saam met Anna Davel sing, ”Falling Slowly” uit die fliek Once, 2008 se Oscar-wenner as beste liedjie. Hy sing hoofsaaklik nuwe liedjies met ‘n meer akoestiese klank.

En waarmee hou hy hom andersins besig?

“Ek werk baie hard aan my groot CD, wat volgens plan op 20 Oktober vanjaar uitgereik sal word. My gedugte span van Devereaux van der Hoven-Oosthuizen en Jean Oosthuizen doen weer die musikale versorging. Die album het ‘n akoestiese klank en 99% van die songs is my eie. Ek het nog nie op ‘n finale titel besluit nie. En wik en weeg tussen die volgende twee: Lyfskrif (‘n lekker lang een) of Net as jy mooi vra, maar moenie smeek nie.”

Moet dus nie vanaand se vertoning om 8-uur misloop nie! Vir besprekings, kontak Computicket (www.computicket.co.za) of die Centurion-teater (www.centurionteater.co.za) of 012 664 7859.