FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Lianie May en Jay se “Naweeklyfie” deel van internasionale kompetisie

Die plaaslike sangeres en SAMA-wenner Lianie May en Jay se musiekvideo vir “Naweeklyfie” is deel van ’n internasionale kompetisie.

Jy kan vir Lianie help geskiedenis maak deur haar te ondersteun en oor die volgende 7 dae vir haar te stem. Indien sy na die Superxtar-finaal deurdring, gaan sy SA in Tennessee in die VSA verteenwoordig.

Wanneer jy vir die musiekvideo stem, het jy ook ’n kans om ’n kontantprys te wen.

“Versprei asseblief die nuus en kom ons wys hulle dat Afrikaans groot is! Baie dankie vir elkeen se ondersteuning. Ek het julle altyd lief. Julle is great!” het Lianie op haar Facebook-blad aan haar duisende aanhangers geskryf.

Ons hou duim vas, Lianie en Jay!

Klik HIER om vir “Naweeklyfie” te stem

Kyk hier na die video wat byna 850 000 keer gekyk is.

Dit is nie die eerste keer dat Lianie en Jay saamwerk nie. Hulle het ook die treffers “Toe stop my hart”, “Lank lewe die liefde” en “In a Moment like This” (wat byna ’n miljoen YouTube-kyke het) saam gesing.

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!