lanklewedieliefdecover
Het jy gehoor?

Lianie May se nuwe album binne dae beskikbaar

Volgens Lianie is dit ’n lekker album met liedjies waarvan mense baie sal hou. “As jy van Vergeet my nie gehou het, sal jy mal wees oor Lank lewe die liefde,” vertel Lianie aan sarie.com.

Alles het begin op die stel van Platteland, waarin Lianie ’n hoofrol speel teenoor Bok van Blerk. “Ek en Johan (Vorster) het aan liedjies gewerk vir die fliek, en so het dié album half vanself begin. Dit het natuurlik gebeur.”

Tennessee Waltz is ’n lekker danstreffer, en natuurlik stel Lianie nie teleur met haar romantiese liedjies nie. Saam is ons beter en Pleister van my hart sal enigiemand na ’n geliefde laat verlang. “Die musiek praat met jou hart,” vertel Lianie.

Platteland, wat in November 2011 te sien sal wees, eindig met Saam is ons beter. Lianie meen dié liedjie is iets wat mense graag op hul troue sal wil hoor.

Vir aanhangers van haar en Jay du Plessis se duette is daar nóg goeie nuus. Lank lewe die liefde is deur dié sangpaar. Die musiekvideo is reeds opgeneem (kyk onder na agter-die-skerms-foto’s daarvan).

“Ons het nie ’n groot begroting vir die video van Lank lewe die liefde gehad nie, daarom is al die byspelers in die video regte aanhangers van ons.”

Sean Else het op Facebook gesê hulle gaan naby Skeerpoort skiet en dat mense op ’n sekere plek moet wees as hulle in die video wil verskyn. En hulle het in hulle massas opgedaag, oud en jonk. “Mense het vir ons kos aangedra en die ondersteuning was net fantasties!”

“Die video gaan oor twee verliefdes wat van mekaar af weggaan, maar aan die einde weer na mekaar terugkeer. En Jay is ’n motorwerktuigkundige in die video,” verklap Lianie.

Hier is solank ‘n voorsmakie:

Jay du Plessis en Lianie May Lianie May en Jay du Plessis
Lianie May Lianie klim in die bus
Klomp mense wat opgedaag het vir die shoot  
  • Nika Swart

    Hello Lianie ek love jou en jay se musiek ek het jou en jay se CD;s liefde Nika Swat xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

  • chantell

    Waar kan ek die liedtjie download call my name ASB