FOTO: Instagram  lilyrose_depp

FOTO: Instagram lilyrose_depp

Het jy gehoor?

Lily-Rose Depp se eerste groot fliekrol

Lily-Rose Depp maak nou ’n gewoonte daarvan om in haar pa, Johnny Depp, se akteursvoetspore te volg. Sy het haar eerste groot fliekrol losgeslaan, berig Variety. 

Die 16-jarige blondine sal te sien wees in Stephanie Di Giusto se debuut-film, The Dancer, wat die 19de eeuse Amerikaanse danser Loie Fuller se lewensverhaal vertel.

Volgens Harper’s Bazaar sal Lily-Rose die rol van die wêreldbekende danser Isadora Duncan, ’n arm wonderkind, vertolk. Isadora en Loie was goeie vriende en het met hul talent die danswêreld noemenswaardig beïnvloed.

Maar dis nog net die begin van groot dinge vir Lily-Rose, wat volgende jaar ook in die 1930’s-geïnspireerde Planetarium te sien is. Sy speel die jonger suster van die Oscar-bekroonde Natalie Portman se karakter.

The Dancer begin op 28 September in oorsese teaters draai.

Bron: Variety en Harper’s Bazaar

Lees nou