Het jy gehoor?

Lindie Stander se pad vorentoe

Só lui kykNET se amptelike verklaring op hul Facebook-blad:

Na aanleiding van die kykers se reaksie en verskeie briewe in die media oor Lindie Stander, wil kykNET almal net op hoogte bring…

Die kanaal is ten nouste betrokke by Lindie se herstelproses. Sy is een van ons gewaardeerde medewerkers wat ‘n lang verbintenis met kykNET het. Niemand het nog ooit getwyfel oor haar uitsonderlike talent en vermoëns nie en ons is baie bewus van die gewildheid van haar karakter in Binneland. Dis egter nie waaroor dit gaan nie.

Haar huidige ineenstorting is die jongste in ‘n opeenvolging van voorvalle oor die afgelope paar jaar waarin daar verskeie pogings aangewend is om haar te help. Met groot deernis en simpatie. Dit het geleidelik duidelik geword dat hierdie pogings nie meer voldoende is nie en die vervaardigers is genoop om stappe te doen omdat sy nie meer in staat was om te funksioneer en haar werk te doen nie.

In geen stadium het dit oor iets anders as haar persoonlike welstand gegaan nie. Vir ons almal is dit nou prioriteit om seker te maak sy kry die regte behandeling en ondersteuning om haar op die pad van herstel te help.

Lindie kry op die oomblik met die volle ondersteuning van kykNET professionele hulp en behandeling. Die beste wat ons almal vir haar kan doen, is om haar nou met rus te laat sodat sy in privaatheid kan konsentreer op haar herstel en persoonlike geestesgesondheid.

Wees verseker dat kykNET daar is vir haar en nog altyd was.

[box:full:red:both]

En só het Lindie Stander vroeër vandag (11 Julie) op haar Facebookblad geskryf

Aan my vervaardigers Elsje en Friedrich Stark; aan Karen Meiring van Kyknet….ek weet nie hoe om my dankbaarheid uit te spreek nie. Aan al die ondersteuners….verstaan seblief hulle doen hulle bes om my te help, en daarsonder sou ek nie kon herstel. Aan my ware vriende en ‘fans’….ek het weer rede om te baklei. Maar bowenal: Aan God al die eer….Skepper het my op my kniee gedwing,ek is niks sonder Sy genade.

[/box]


  • Annaline

    Dink so baie aan jou in die moeilike tye. Wens daar was iets wat ek vir jou kon doen.

  • Elize Olwage

    Lindie, ons staan vierkantig agter jou en hoop en bid dat jy volkome sal herstel! Sterkte, dit sal weer 100% goed gaan. Hierdie louterings proses gaan nie vir ewig aan nie en jy sal sterker anderkant uit kom xx

  • Engela de Wit

    Lindie lig jou kop wees bly oor jou tweede kans in die lewe, gryp dit aan jy is so suksesvolle aktrise, die Here sal jou vashou.

  • Elizabeth Avenant

    Wil maar net weer se: Lindie, ons gaan jou VERSKRIKLIK mis in Binneland en hoop jy word mooi gesond sodat jy asseblief tog dalk weer eendag in ons gunsteling-sepie sal speel! Sonder jou gaan dit maar ‘n droewige sepie wees……..

    Ons is lief vir jou en as iemand wat ook met Bipolere Gemoedsversteuring worstel, weet ek waardeur jy gaan.

    Baie sterkte en baie lief vir jou!

  • Marius Heath

    Lindie jy is nie alleen nie God is lief vir ons en Hy sal ons nie in die steek laat nie Baie bly jy het jou vrou gevind en sy sal goed na jou kyk. Lief jou baie Join my groep op Facebook Gauteng Gay Community Help Group sal jou baie graag by ons wil he.
    Marius

  • Gisela Roux

    Lindie, jy moet nou op jouself fokus en gesond word…moet aan niks anders dink as jou eie emosies en gevoelens nie…jy is nou belangrik!!!!STERKTE…jy kan dit doen girl!!!!!Bid vir jou en ‘n spoedige herstel na ‘n lewe vol geluk!!!!Kyk mooi na jouself!!!!Groete…Gisela Roux

  • Paula Vorster

    Net weer ‘n bewys dat op die ou einde bly ons almal maar net mens. Baie sterkte Lindie. Dit moet moeilik wees om so in die kollig te lewe. Dis ook jammer dat jy uit Binneland gaan, jinne jy is regtig goed in die rol wat jy speel! Ek wens jou alle sterkte toe, en hou jou oe op God!

  • Alta du Toit

    Ons wat nie so siek is nie weet nie hoe moeilik dit is nie. Gun haar haar privaatheid sodat sy ten volle kan genees. Binnelanders gaan haar dalk nie nou gesond maak nie maar as sy ten volle geneus sal hulle haar weer n kontak aanbied. Ek sukkel nog na my man onlangs oorlede is d.m.v kanker en sy het n tweede kans gun haar die tyd om dit te gebruik.Bede met jou en weet jy kan.

  • Maureen van Namibia

    Baie sterkte Lindie, lig jou kop op wees sterk en kyk op na die enigste persoon wat jou waarlik sal dra deur die tyd en die is Liewe Jesus, by onse God is niks onmoontlik. Jy is ‘n pragtige mens en jy speel ongelooflik goed. Jy het ‘n tweede kans in die lewe gekry, aan die einde van die tonnel is daar altyd lig. Ons bid vir krag, genade en vir volkome gesond word en HY sal jou altyd dra en so ook die hele wereld se gebede want God hoor altyd na almal se gebede. Ander sal nooit weet waardeur so persoon gaan en wat deur jou kop jaag in een oomblik, voordat hulle self daardeur gaan so sterkte vir jou Lindie daar sal ‘n pragtige mens oor jou pad kom.

  • Rensche bougas

    Baie sterkte,Lindie,ons is soooo lief vir jou!Jy s in ons gebede.

  • Erika Horn

    Mag daar nog baie sonskyn in jou lewe wees, Lindie. Mag jy voldoende rede vind om op te staan en aan te gaan. Jy is kosbaar!

  • Stefnie Gernandt

    Ons almal kan vir Lindie net bid! Daar is soveel mense wat met hierdie siekte worstel! Bring haar net weer terug Binneland toe, sodra sy gesond is!

  • Carima

    Lindie jy is so n awesome aktrise. Lig jou koppie hoog, kyk net altyd na Bo vir hulp…en onthou agter jou staan duisende wat vi rjou baie lief is. Sterkte met die herstel. Jy gaan wen.

  • Lianie Döman

    Lindie, jy is soos ‘n lid van die gesin wat elke aand in ons huis kuier! Ons gaan jou baie mis en Binneland sal nie weer dieselfde wees nie. Ons bid jou egter voorspoed en ‘n spoedige herstel toe. Weet net dat niks voor God onmoontlik is nie!

  • Francois

    Lindie, eks is so baie bly vir jou positiewe gesindheid. Vat GOD se hand en loop die pad. Ek weet jy kan.

    ns. Vat n breek en kom Kaap toe. Kom rus n biki hier langs die see en vind God in jou lewe.

    Sterke op die pad.

    Francois.

  • Liselle Mostert

    Baie sterkte Lindie, hoop om jou binnekort weer op stel of verhoog te sien.Niks in hierdie wereld is groter as wat Jesus vir ons aan die kruis gedra het nie. Bid dat jou helingsproses net nog ‘n getuienis is van God se liefde en groot genade,

  • christene mans

    ONTHOU JESUS IS LIEF VIR JOU NET SOOS JY IS,JY IS SY KIND EN HY SAL MET JOU WEES ,STERKTE MY MAAITJIE HY SAL MET JOU WEES GLO EN VERTROU NET.WORD GOU GESOND DINK AAN JOU EN BID VIR JOU.LIEFDE CHRISTENE MANS. LIEF JOU BAIE.XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

  • Sarie Koster

    Gebedjie aan Lindie.Liewe Jesus hou u beskermde hand oor Linde wees met haar en laat sy sien dit is nou die tyd wat u haar dra.DIE VOETSPORE WAT WYS DAAR IS NET EEN RY SPORE,om te wys dat u haar in hierdie tyd dra en veilig in u hande hou.Amen.Sterkte en dra jou elke dag op aan die Here.

  • Gwen

    Psalm 23 v 4 "Al gaan ek deur donker dieptes sal ek nie bang wees nie, want U is by my.. In
    U hande is ek veilig."

    ?Love you Lindie

  • Hyla

    Lindi, ek was ook daar waar jy sowat n week gelede was – depro! Vandag, 15jr later is ek bly dat my familie en vriende in my geglo het – ek het erken ek is siek -en asb help my!, maar ek was nie ‘mal’ nie, net siek… ek wou ook nie meer lewe nie en niks het saakgemaak nie… vandag is ek bly dat God my gespaar het – nou trotse ouma van 4 kleinkinders… elke dag is nie ‘poeding en pie’ nie maar ek bid gedurig dat ek nooit, ooit weer so depressief moet word nie… sterkte aan jou – ons bid vir jou. Byt vas, soek hulp en onthou die son gaan weer vir jou skyn… liefdegroete

  • Anoniem

    Daar is iets wat julle almal kan doen om vir Lindie te help. Hou haar elke dag in jul gebede en as sy uitkom waar sy tans is kan almal haar ondersteun en vir haar wy hoeveel ons almal vir haar omgee..
    n Drukkie, n Blommetjie, n Glimlag,,,

    Toe ek vir Lindie gesien het het sy beslis baie weerloos gelyk.

  • LOUISA CROMHOUT

    Hi Lindie,

    Lindie, ek was ook daar en nog steeds ek ly al aan depressie vir 286jaar en al wat my altyd uit die donker put uit kry elke keer as ek daarin sink is my Hemelse Vader en gebede, en my wonderlike man wat al die jare nog net altyd my moed inpraat en help om my POSITIEF te hou.STERKTE jy KAN dit doen, moenie
    moed verloor, jy is in my gebede ons Vader het hou jou styf vas in Sy hande waar jy nie meer kan, daar dra Hy jou. STERKTE!!!!!!!! Die son skyn weer more…………….

  • Louisa Cromhout

    Sorry vir die fout ly aan depressie vir 28jaar!!! en nie 286jaar nie….

  • Ilse

    Jy is n pragtige mens en vriendin Lindie. Sterk wees. Die Here het jou lief en Suid Afrika het jou lief.

  • Amelia

    My komentaar is seker die laatste maar ek wil tog se, jy het absoluut so oortuigend jou spel as die slagoffer van jou oom gespeel dat ek saam gehuil het. My kinders het na my gekyk en ek het gese: As Lindie nie uit persoonlike ondervinding hier speel nie, dan is sy absoluut briljant. Indien dit persoonlike ondervinding was, dan se ek dis skandelik van Binnelanders se vervaardigers. Ja hulle help jou nou, maar hulle het jou gebruik. Hulle beter jou terugbring na die storie as jy weer kans sien. Anders hou ek op met kyk. Enigeen kan enigiets se om die massa buite te paai. Kom ons kyk wat maak hulle. Vir jou wens ek net alles van die beste toe. Sou ons nie almal volmaak wou wees as ons kon nie?