FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Lindsay Lohan: “Ek is my eie grootste vyand”

Die aktrise Lindsay Lohan het in ‘n onderhoud met die kletskoningin Oprah Winfrey erken dat sy niemand anders as haarself vir haar probleme blameer nie …

Lindsay het erken dat sy die enigste een is om te blameer vir haar probleme. “Ek weet ek is my eie grootste vyand, ek weet dit,” het die 27-jarige aktrise in haar onderhoud met Oprah gesê.

Lindsay was vir 3 maande deur die hof na ‘n rehabilitasie-sentrum gestuur, nadat sy in 2012 ‘n motorongeluk veroorsaak het. Dít het gevolg na ‘n reeks slegte besluite waaronder die beweerde diefstal van ‘n duur halssnoer. Die hof het ook beslis dat sy vir langer as ‘n jaar terapie moet kry.

Whitney Houston se ma praat met Oprah oor haar dogter

Nadat sy teen die einde van Julie haar rehabilitasie voltooi het, het sy ‘n onderhoud met Oprah vir haar OWN-netwerk gedoen. Dié onderhoud word eerskomende Sondag (18 Augustus) uitgesaai, maar die lokprent hiervan wys al in Amerika. Hierin skroom Oprah nie weg van die moeilik vrae nie – soos wat ons haar ken.

FOTO: Youtube

FOTO: Youtube

En alhoewel die poniepers reeds berig het dat Lindsay net ná haar rehabilitasie weer in kuierplekke gesien is, wil dit egter voorkom asof sy dié keer besluit het om die reguit pad te stap. Haar eerste verskyning na rehabilitasie was op die kletsprogram Chelsea Lately. Hierin het sy met haarself gespot, maar ook gesê haar wilde dae is iets van die verlede. OWN beplan ook ‘n dokumentêr oor Lindsay wat haar sal volg soos wat sy haar loopbaan herbou en haar verslawing agter haar sit. Dié dokumentêr is glo Oprah se idee om Lindsay te forseer om skoon en nugter te bly.

Kelly Osbourne praat oor haar dwelmstryd

Lindsay se laaste projek, The Canyons, was ‘n groot teleurstelling by die loket, maar ten spyte daarvan is sy deur Ben Affleck gevra om in sy volgende projek te speel waarvan hy die regisseur is.

Net die tyd sal leer of Lindsay se keuse om dadelik weer in die kollig te wees haar sal help eerder as om haar te kelder …

HIERONDER is die lokprent van die onderhoud:

Bron: Daily Mail