FOTO: Instagram  lindsaylohan

FOTO: Instagram lindsaylohan

Het jy gehoor?

Lindsay Lohan se ouers weer in die sop

Ons begin al hoe beter verstaan waarom die aktrise Lindsay Lohan soveel probleme het. Azcentral berig dat haar ouers alweer hul vuil wasgoed in die openbaar was.

Lindsay se pa, Michael, het met die groot skinderwebtuiste TMZ gepraat nadat sy huidige vrou, Kate Major Lohan, in hegtenis geneem is omdat sy hom aangerand het.

Díe beweerde voorval het in hul huis gebeur, maar Michael blameer sy eksvrou wat ook Lindsay se ma is, Dina Lohan, vir dié aanval.

“… dit is alles [die aanval] die gevolg van wat Dina in die hof doen … Dit beïnvloed Kate ook en soos enigeen met ’n dwelm- of drankprobleem, begin hulle drink as hulle nie die stres kan hanteer nie,” het hy aan TMZ.com vertel.

Dina het Michael hof toe gesleep vir $16 000 se agterstallige onderhoud. Sy paspoort én rybewys is deur die owerhede afgeneem totdat hy Dina die geld betaal.

Buiten vir Lindsay, het hulle 3 ander kinders saam: Michael Jr. (27), die 21-jarige Ali, wat ook ’n sangeres en aktrise is, en Cody (18).

Michael en Kate het saam twee kinders, Landon (2) en Logan (4 maande).

Wanneer mens na Lindsay se Instagram-blad kyk, lyk dit darem of sy die afgelope tyd probeer om ’n gesonde en gebalanseerde leefstyl te handhaaf.

FOTO: Instagram  lindsaylohan

FOTO: Instagram lindsaylohan

Bron: Azcentral

Lees ook