Liv Taylor
Het jy gehoor?

Liv Tyler is glo verloof, kyk die ring!

Die aktrise Liv Tyler is glo sedert Desember verlede jaar in die geheim verloof aan die pa van haar seun Sailor, Dave Gardner, berig E Online.

Liv is al ’n hele paar keer met die verloofring afgeneem, en het die afgelope naweek dié foto op haar Instagram-blad gedeel.

A photo posted by Liv Tyler (@misslivalittle) on

Alhoewel sy nie die verlowing bevestig het nie, is die diamantring aan haar ringvinger duidelik sigbaar in dié foto.

Volgens Hello! het sy ook dié ring aangehad tydens die New York Modeweek wat sy saam met haar pa, die bekende Aerosmith-sanger Steven Tyler, bygewoon het.

Sy en Dave het verlede jaar begin uitgaan ná die model Kate Moss hulle glo aan mekaar voorgestel het. Hulle seun, Sailor, is 7 maande oud.

David Beckham is een van Dave se beste vriende en ook Sailor se peetpa.

❤️ Sweet boys !!!❤️ sailor having lunch with his daddy @davidgardner and his God daddy @davidbeckham

A photo posted by Liv Tyler (@misslivalittle) on

Liv was voorheen getroud met die musikant Royston Langdon en hul seun, Milo, is 10 jaar oud.

Bronne: E Online en Hello!

Lees ook