Shane Warne en sy vorige meisie, Elizabeth Hurley FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Liz Hurley en Shane Warne – is hulle saam of nie?

Ons kan nie bybly met hierdie twee nie! Nadat gerugte onlangs oral opgeduik het dat Elizabeth en Shane se verhouding skipbreuk gely het, het hulle die media verseker dat hulle nog inn gelukkige verhouding is. Maar nou loop die stories weer: dié verhouding is iets van die verlede.

Die voormalige krieketster en Britse aktrise het in 2011 verloof geraak, maar deesdae word Liz sonder haar saffier verloofring gesien. Blykbaar is die rede vir die onmin tussen die paartjie Shane se verhouding met sy voormalige vrou en ma van sy drie kinders, Simone. Sy ontken dít en sê sy is self in ’n gelukkige verhouding.

Shane het ook dié kriptiese twiet gister gedeel, wat die skindertonge net nog meer aangevuur het dat ’n vorige verhouding die oorsaak is vir die wankelrige bootjie waarop hy en Liz is.

Die paartjie is ook nie van plan om Kersfees saam te vier nie. Die 48-jarige aktrise gaan dit saam met haar 11-jarige seun, Damian, in haar en Shane se huis in Herefordshire, Engeland vier. Shane (44), gaan in Australië saam met sy 3 kinders wees.

Bron: Daily Mail