Het jy gehoor?

Liz Hurley se seun wil ook akteur wees

Die aktrise Elizabeth Hurley se 11-jarige seun, Damian, wil graag in sy ma se voetspore volg. En sy is maar net te opgewonde oor dié ambisie.

Die 48-jarige model en aktrise het onlangs verklap dat haar seun baie in die filmbedryf belangstel nadat hy ‘n dag lank saam met haar op stel was – voor én agter die kamera.

Liz het aan die Belfast Telegraph gesê sy is baie bly dat haar seun haar belangstellings deel. “Ek is gelukkig omdat hy van flieks, die teater en boeke hou. Hy hou van alles waarvan ek hou! As hy van rugby of krieket gehou het, sou dit dalk moeiliker gewees      het … ”

screen_shot_2013_08_22_at_4.15.38_pm_630w

FOTO: Liz en Damian (Twitter)

Sy het erken dat daar ‘n deel van haar is wat sal verkies dat Damian iets soos regte wil studeer, maar hy wil niks daarvan weet nie. Sy sê sy sal hom glad nie in ‘n rigting dwing nie. “Hy het die keuse om met sy lewe te doen wat hy graag wil. Die meeste ouers moedig hul kinders aan om dieselfde loopbaan as hulle te volg, maar Damian het dit self besluit.”

Hy het darem nog ‘n tydjie om te besluit watter pad hy wil volg.

Damian se pa, Steve Bing, is ‘n Amerikaanse erfgenaam, sakeman en filmvervaardiger.

Prins Harry volg in sy ma se voetspore

Liz is sedert September 2011 aan die voormalige Australiese krieketspeler Shane Warne verloof. Dié twee is sedert 2010 ‘n paartjie. Shane het vanjaar finaal uit krieket getree nadat hy nog vir die Melbourne Starsin Twintig20-wedstryde gespeel het. En ons het ‘n voëltjie hoor fluit dat Shane dalk ook binnekort sy lyf akteur gaan hou …

screen_shot_2013_08_22_at_4.15.23_pm_630w

FOTO: Liz en haar verloofde, Shane Warne (Instagram)

Ons het ook verneem dat die Hollywood-akteur Gerard Butler aandele in ‘n Wes-Indiese krieketspan gekoop het. Hy gaan binnekort Jamaika toe vlieg om sy span, die Jamaica Tallawahs, te sien speel.

Bron: Belfast Telegraph, Starpulse