FOTO Joe Strydom

FOTO Joe Strydom

Het jy gehoor?

Lizz se vriendin se ‘wonderkos’

Aktrise Lizz Meiring se mooi bene is moontlik te danke aan lekker eet – veral die kos van pêls, soos haar vriendin se melkkos – baie hoë hakke (veral rooies!), wavragte vol joie de vivre en baie werk …

“My oond is ’n veilige bêreplek vir my mooi aandskoene – stoofplate, potte en panne is ’n schlep om skoon te maak,” lag dié aktrise, regisseur en dramaturg.

“Buitendien, iemand moet die kulinêre entrepreneurs ondersteun ek voel verantwoordelik vir hul voortbestaan.”

FOTO Joe Strydom

FOTO Joe Strydom

Lizz se vriendin “ek noem haar Wonder-Wanda”, beskryf Lizz haar  bedryf ’n gewilde gastehuis op Potchefstroom. “Tydens die Aardklop-kunstefees stroom ons kunstenaars en tegniese pêls wat nie eens daar tuisgaan nie, na haar toe. Sy is so hartlik, goeie geselskap – en haar kos!’’

Melkkos (laag in GI – maak vier porsies)

BESTANDDELE

– 1 liter (1 000 ml) melk

– 15 ml margarien

– 160 ml koekmeel

– knypie sout

– 30 ml hawermout-semels (oat bran)

– 2 eiers

– 5 ml vanieljegeursel

METODE

– Verhit melk en margarien oor lae hitte in ’n kastrol en laat kook.

– Meng koekmeel, sout, hawermout-semels, eiers en vanielje.

– Haal kastrol van plaat af en roer meelmengsel by warm melk.

– Plaas terug op plaat, kook vir tien minute, terwyl dit heeltyd geroer word.

– Sit voor met kaneelsuiker.

Maar lekker kuier en gesond eet, is nie al wat Lizz doen. Die rolprent Jonathan, ’n komedie, verskyn in Desember. Dan is daar ’n Mooi storie, ’n solo-teaterstuk, wat ’n astrante, interessante en humoristiese blik bied op die ware geskiedenis van skoonheid deur die eeue.

Ons kan uitsien na die rolprent Hoender met die rooi skoene, waarin sy die vroulike hoofrol speel – dit is Koos Roets se nuwe “meesterstuk”, swymel sy. “’n Komiese moordstorie met unieke, ongewone karakters en ’n aweregse liefdesintrige, wat in Januarie uitgereik word.” Sy tree ook landwyd op in verskeie solo-toneelstukke soos Langpad en Lipstieks, skryf al weer aan ’n nuwe teaterstuk, Ligjare, en moenie Revue 2016 op kykNET NOU! (kanaal 145) vanaf 2 Oktober misloop nie, vertel sy.

Lees nou

Vir stralende vel: Amalia se Lenteslaai

Silwerskerm: Christia se hoender-noedelpotjie 11

Bekendes eet: Anél se sjokolade-drankie

Banting: Vicky se sjokolade-en-klapperbolletjies