die-sneeukoningin
Het jy gehoor?

LOKPRENT: Afrikaanse animasie Die Sneeukoningin eersdaags in fliekteaters

Groot en klein kan uitsien na Die Sneeukoningin, wat op die oorspronklike storie deur die bekende sprokieskrywer Hans Christian Andersen gebaseer is.

Die Sneeukoningin word net in Afrikaans uitgereik en sal die hele familie in 3D vermaak.

Wanneer Gerda se broer, Kai, gevang word deur die Sneeukoningin, begin haar reis om nie net haar broer nie, maar die hele wêreld uit die koue greep van die wrede koningin te bevry. Langs die pad maak sy goeie vriende wat haar help om Kai te red.

Die stemme van onder andere Heidi Mollentze, Pierre Breytenbach, André Stolz en Melt Sieberhagen word in die fliek gehoor.

Die Sneeukoningin begin 30 Oktober in teaters draai, kyk die lokprent hier:

Lees ook