die pro
Het jy gehoor?

Lokprent: ‘Die Pro’

Leon de Villiers het in 1997 die Sanlam-boekprys vir jeugliteratuur gewen vir Die Pro en die boek is sedertdien as voorgeskrewe leesboek in skole oor die hele Suid-Afrika gelees. kykNET-films en André Velts van Knysna-faam het nou dié boek omskep in ʼn moet-sien-film!

Tiaan is ʼn kranige surfer wie se tienerlewe tot stilstand geroep word wanneer sy beste vriend, Dirkie, tragies sterf. Tiaan besluit net daar sy tyd as branderplankryer is verby. Yvette, Dirkie se beeldskone blonde suster, verskyn op die toneel en maak dit vir Tiaan baie moeilik om by sy besluit te hou.

Wêreldklas-branderplanktoertjies, eerste liefdes en pragtige tonele van die fiktiewe kusdorp, Vlakberg, ondersteun Die Pro, ʼn film van hoop, grootword en die verwerking van verlies en hartseer.

Edwin van der Walt, bekend vir sy rolle in Ballade vir ʼn enkeling en Hollywood in my huis, vertolk die rol van Tiaan. Reine Swart van Villa Rosa en Somer Son is die beeldskone blondine Yvette.

Viljé Maritz, Arno Greeff, Neels van Jaarsveld, Albert Maritz, Bennie Fourie, Zakeeya Patel, Hélène Truter en Marcel van Heerden sal ook in Die Pro te sien wees.

Hier is die lokprent:

Lees ook: