7de laan nuwe look
Het jy gehoor?

LUISTER: 7de Laan se splinternuwe temalied

Gisteraand het duisende kykers vir die eerste keer die nuwe temalied van die gewilde SABC 2-sepie 7de Laan gehoor. 

Dié nuwe liedjie, wat deur Joe Niemand gekomponeer is, het met ’n paar ander veranderinge op stel gepaard gegaan. Oppiekoffie, die boekwinkel en die boetiek het ook nuwe baadjies aangetrek.

Luister die nuwe temalied hier

Elke episode van 7de Laan sal van nou af vir sewe dae op YouTube beskikbaar wees. Kyk gisteraand se episode hier:

7de Laan vier vanjaar sy 15de bestaansjaar.

Hou jy van die nuwe temalied van 7de Laan?

  • Ja
  • Nee

Lees ook