Lupita Nyong'o Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Lupita Nyong'o Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Het jy gehoor?

Lupita Nyong’o in Kenia om olifante te beskerm

Die Oscar-bekroonde aktrise Lupita Nyong’o is in Kenia om ʼn veldtog genaamd #ivoryfree te bevorder. Dié veldtog poog om olifante in dié land te beskerm, berig InStyle

Lupita tree ook op as ambassadeur vir WildAid, ʼn organisasie wat die bewusmaking teen dierestropery bevorder.

Sy het die afgelope naweek die Amboseli Nasionale Park besoek. Die 32-jarige aktrise wil ook die regte van vroue, sowel as drama en die kunste in Kenia bevorder.

Lupita was vroeër dié maand in Suid-Afrika om te werk aan haar nuutste film, Queen of Katwe. Terwyl sy in Johannesburg was, het sy ʼn vertoning van die komediant Trevor Noah bygewoon. Sy het dié geleentheid as “maagoefeninge” op Instagram beskryf vanweë al die skaterlag.

Bronne: InStyle 

Lees ook: