Lupita Nyong'o Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Lupita Nyong'o Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Het jy gehoor?

Lupita Nyong’o se R1 727 287 Oscar-rok uit hotelkamer gesteel!

Die Oscar-bekroonde aktrise Lupita Nyong’o se rok ter waarde van R1 727 2826 000 wat sy na die Oscars gedra het, is vanddeesweek uit die Londen-hotel in Hollywood gesteel.

Dié rok is deur Francisco Costa vir Calvin Klein ontwerp. 25 mense het vir 10 weke lank 6 000 natuurlike wit Akoya-pêrels daarop uitgewerk.

Die Keniaans-gebore aktrise, wat verlede jaar die goue beeldjie huis toe geneem het vir haar spel in 12 Years a Slave, was vanjaar een van die aanbieders by die Oscar-seremonie.

Lupita Nyong'o Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Lupita Nyong’o Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.lupita

Toe sy uitgevra is oor haar rok se ontwerp, het sy gesê dit moes vloeiend lyk en ’n ode aan die see wees.

Daar kon nog nie bevestig word of die rok Dinsdag- of Woensdagaand gesteel is nie. Die Los Angeles County Sheriff’s Department ondersoek die saak, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Inligting: www.bbc.com