FOTO Instagram / @Lupitanyonga

FOTO Instagram / @Lupitanyonga

Het jy gehoor?

Lupita wéér in Suid-Afrika

Daar is net iets aan die Oscar-wenner Lupita Nyong’o … miskien is dit haar natuurlike sjarme, of haar aansteeklik lag? En nou is sy wéér in Suid-Afrika!

Lupita was gister in Johannesburg vir die première van haar Disney-fliek Queen of Katwe. Dele van die prent is verlede jaar in Johannesburg geskiet.

Queen of Katwe vertel die ware verhaal van ’n jong meisie, Phiona Mutesi, wat arm grootgeword het in die strate van Katwe, ’n buurt in Uganda, en daar leer skaak speel het. Hoewel haar agtergrond teen haar getel het, is sy die jongste mens nóg wat die Afrika-skaaktoernooi gewen het.

@queenofkatwemovie Premiere in Joburg with our singular Director #MiraNair

A photo posted by Lupita Nyong’o (@lupitanyongo) on

Die fliek het reeds groot lof by kritici ontvang. En Lupita se spel is veral geprys.

Kyk die lokprent hier:

Sy het onlangs op die voorblad van die Amerikaanse Vogue gepronk. En dis net beeldskoon – exquisite, soos die Engelse sal sê! Die fotosessie was in haar tuisland, Kenia.

Lupita se kleurryke persoonlikheid word gereeld op die rooi tapyt uitgestraal. Volgens SARIE se moderedakteur, Amaria Carstens, is Lupita se rooitapyt-oomblikke byna altyd in die kol.

“Sy het oornag op ons mode-radar beland met daardie ongelooflik mooi Nairobi-blou rok, soos sy dit noem, by 2014 se Oscar-aand. Ek is mal daaroor wanneer sy kleur dra – van poeierblou, grasgroen tot rooi. Dié kleure lyk fantasties aan haar en laat jou ook twee keer na haar kyk.”

Vogue

Lupita Nyong'o Instagram

FOTO Instagram Lupita Nyong’o

FOTO Instagram Lupita Nyong’o

 Lees nou

Tori Spelling óók swanger met nommer vyf

Ben Stiller se stryd met prostaatkanker

Dié som laat grootmense stom