FORTO

FORTO

Het jy gehoor?

So lyk 2016 se celeb-babas

Daar moet iets in die water wees. As dit nie ’n Suid-Afrikaanse bekende is wat ’n pienkvoet verwelkom nie, is dit ’n internasionale celeb wat sy of haar baba vir die wêreld wys! Onlangs het die Amerikaanse sangeres Kelly Clarkson ’n foto van haar tweede kind, Remington, op sosiale media gedeel.

Kelly en haar man, Brandon, is reeds ouers van die 1-jarige River Rose. Kelly het verlede jaar in Oktober tydens ’n konsert (en tussen die trane deur!) haar tweede swangerskap aangekondig.

2016 se gewildste babaname

Meet Remy, our newest addition to the family! #charmfordays #watchoutladies

A photo posted by Kelly Clarkson (@kellyclarkson) on

Thank you @archetype_photo for the beautiful pictures once again!!! Y’all are the best! A photo posted by Kelly Clarkson (@kellyclarkson) on

Die Oscar-wenner Anne Hathaway en haar man, Adam Shulman, het dit in Maart reggekry om die koms van hul eersteling ’n geheim te hou. Die Britse poniekoerant Daily Mail het steelfoto’s van die private Anne en haar seuntjie, Jonathan, geneem.

Die ooievaar is steeds woelig en die akteurspaartjies Ryan Gosling en Eva Mendes, sowel as Ryan Reynolds en Blake Lively, is albei swanger met hul tweede pienkvoet.

Die Suidooster-aktrise Desiré Gardner sal binnekort haar tweede kind, ’n dogtertjie, Robin Grace, verwelkom.

FOTO: Willem Lourens

FOTO: Willem Lourens

Die aktrises Megan Fox en Olivia Wilde is óók swanger.

Matching baby bumps.

A photo posted by Olivia Wilde (@oliviawilde) on

En die Namibiese model Behati Prinsloo en haar man, die Maroon 5-hoofsanger, Adam Levine, verwag hul eersteling

So far so good A photo posted by Behati Prinsloo Levine (@behatiprinsloo) on

Die Suid-Afrikaanse en Victoria’s Secret-model Candice Swanepoel is ook swanger met haar eersteling.

Lua faz O nosso sentimento Libertar o amor

A photo posted by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

Dis hoe die celeb-baba’s van 2016 sover lyk

Zolani Mahola (hoofsanger van Freshlyground)  Dié sanger het reeds ‘n seun, maar het haar tweede seuntjie in Februarie verwelkom.

Bobby en Annatjie van Jaarsveld

Armani is ’n dag ná Bobby se verjaardag gebore.

Absolutely nothing can beat this feeling. My meisiekind #Armani

A photo posted by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on

 

Sorina ‘Flooze’ Erasmus – Sangeres

Eers was daar Braambossie . . . en nou is daar twee. Die Afrikaanse sangeres Sorina ‘Flooze’ Erasmus en haar man, Braam Riekert, het in Maart hul jongste dogtertjie, Miana, verwelkom.

Elizma Theron – sangeres

Dit lyk of Elizma en haar man, Nico, se eersteling, Eli-zé,  reeds daarvan hou om NJ se ousus te wees.

Kim Kardashian 

Kim en haar rapper-man, Kanye West, het vanjaar hul tweede kind en eerste seuntjie, Saint, verwelkom.

FOTO: Instagram / @kimkardashian

FOTO: Instagram / @kimkardashian

You’re the sun in my morning babe

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Chrissy Teigen en John Legend

Die Grammy-wenner John Legend en model Chrissy Teigen het Sondag hul eersteling verwelkom. En dis duidelik dat die pienkvoet, Luna Simone Stephens, reeds hul harte gesteel het.

A photo posted by John Legend (@johnlegend) on

Ivanka Trump

Donald Trump se dogter en regterhand het haar derde pienkvoet in Maart verwelkom.

Our first picture as a family of five! Thank you for all of the love and well wishes.

A photo posted by Ivanka Trump (@ivankatrump) on

Lees nou